Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Belegging’ in Mitch lewer dividende

Ná Engeland se oorwinning oor Ierland het John Mitchell reeds die ringkoppe by die Engelse Rugbyunie (RFU) rente op hul belegging gegee deur hom in die land se afrigtingspan aan te stel.

Eddie Jones (links) en John Mitchell in gesprek in November 2018 in Londen. Foto: Getty Images

Dít is die mening van Jeremy Cross, ’n sportskrywer by die Britse Daily Star nadat die Engelse die Iere Saterdag in Dublin met 32-20 in die Sesnasies-reeks geklop het.

“Daar is groot onkoste aangegaan om die Kiwi John Mitchell as Eddie Jones (hoofafrigter van Engeland) se verdedigingsafrigter aan te stel.

“Dit het net een wedstryd geneem om te sien wie Engeland se grootste wapen in vanjaar se Sesnasies-reeks en Wêreldbeker-toernooi gaan wees,” sê Cross.

Volgens berigte in 2018 verdien Mitchell tans £300 000 (sowat R5,24 miljoen) per jaar en moes die RFU die Bulle (waar hy die direkteur van rugby was) vergoeding van sowat £200 000 (sowat R3,4 miljoen) betaal om hom van sy kontrak vrygestel te kry.

“Mitchell het Engeland afgerig om ’n ‘wit muur’ te vorm, wat die beste aanvallende span in 2018 in Europese rugby buite gehou het,” sê Cross.

“Met die oorwinning het Engeland nogal sy stem dik gemaak, en indien Mitchell en Jones die goeie werk kan voorsit, sal die span ’n sterk aanspraakmaker wees om weer wêreldkampioen te wees.”

John Mitchell kry lof uit verskeie oorde ná Engeland se oorwinning die afgelope naweek. Foto: Getty Images

Een van Mitchell se vorige kollegas is ook vol lof vir dié Kiwi.

Sir Clive Woodward, wat Engeland van 1997 tot 2004 afgerig het, en na Wêreldbeker-glorie in 2003 geneem het, het in sy rubriek in die Daily Mail geskryf: “Ierland het geen antwoord (teen Engeland) gehad nie, en dit is ’n wyle sedert ons dit kon sê.”

Mitchell het die Engelse se voorspelers van 1997 tot 2000 onder hande gehad.

Sir Clive Woodward / Foto: Getty Images

“Ek haal my hoed vir Eddie en sy verdedigingsafrigter Mitchell af, ná ’n swak 2018 om in ’n plek te gaan wen waar die All Blacks in die herfs verloor het, is ongelooflik,” skryf Woodward.

Hy het ’n week vroeër in sy rubriek geskryf dat Engeland die gunsteling is om die Sesnasies-reeks te wen en ook ’n sterk aanspraakmaker in 2019 op die Wêreldbeker-toernooi in Japan sal wees.

– Sportredaksie

Meer oor:  Rfu  |  Toetsrugby  |  John Mitchell  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.