SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Rabs jeuk om te speel ná hy koue skouer kry

Die Pro14-reeks se voorste driedrukker van verlede seisoen, die Cheetahs se Rabs Maxwane, sê dit voel vir hom of hy van sy kop af gaan langs die kantlyn.

Dié blitsige vleuel het die seisoen nog nie in een van die Cheetahs se ses wedstryde gespeel nie – nie eens as plaasvervanger nie.

Rabs Maxwane, verlede seisoen se voorste driedrukker in Pro14-rugby, kan sy terugkeer tot die span maak ná ’n afwesigheid in die eerste ses wedstryde. Foto: Gallo Images

In die wandelgange word gesê dat hy en nog ’n spoedvraat, Craig Barry (27), die vleuels kan wees in die Cheetahs se laaste wedstryd van die kalenderjaar op 30 November teen die Ospreys in Swansea, Wallis.

“As ek sê ek brand om te speel, is dit om dit sagkens te stel. Dis nie lekker om te sien hoe die manne speel en ek moet sit en toekyk nie,” sê die 24-jarige Maxwane.

Hy sê hy weet nie wat verkeerd geloop het dat hy nie gekies word nie, maar dat dit nou nie meer saak maak nie aangesien hy weer oorgehaal is om te speel as daar op sy knoppie gedruk word.

“Ek glo egter alles gebeur met ’n rede en wie weet, miskien moes dit met my gebeur het.

“Ek het hard gewerk aan my fiksheid en het alles ingesit tydens oefeninge.”

Maxwane het in die Curriebeker-reeks reeds in onguns verval. Hy het net in die eerste vier wedstryde gespeel en was daarna ’n toeskouer.

* Die Cheetahs hou intussen asem op dat die rugbesering wat die senter Benhard Janse van Rensburg op toer opgedoen het, nie te ernstig is nie.

Hy het Woensdag ’n skandering ondergaan vir ’n senuwee wat vasknyp.

Chris Smit kan moontlik vroeër as verwag ’n proesel Pro14-rugby kry. Foto: Mlungisi Louw

Indien Janse van Rensburg nie betyds herstel nie kan dit dalk die deur oopmaak vir die voormalige Griekwas-senter Chris Smit, wat hom verlede week by die Cheetahs aangesluit het.

* Intussen word verneem dat die tugverhoor van die agtsteman Jasper Wiese nou eers volgende Woensdag sal plaasvind.

Hy kan deur nog ’n nuweling, die gewese Westelike Provinsie-flank Chris Massyn, vervang word.

Dit kan meebring dat ’n speler soos Junior Pokomela op agtsteman ingespan word.

Wiese het ’n rooikaart in die span se laaste toerwedstryd teen die Cardiff Blues gekry vir ’n skouerloop en ’n skorsing is sy voorland.

Meer oor:  Ospreys  |  Pro14  |  Rabs Maxwane  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.