Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Racing se Dan-plan nekslag toegedien

Racing 92 se planne om Dan Carter as ’n korttermyn-plaasvervanger vir Pat Lambie te kontrakteer het deur die mat geval.

Dan Carter sal weens ’n nekbesering nie weer vir Racing 92 kan uitdraf nie. Foto: Getty Images

Die Franse klub wou sy diepte op losskakel verbeter nadat Lambie, ’n gewese Springbok, vroeër vanjaar weens harsingskudding sy stewels opgehang het.

Racing het toe ’n leenooreenkoms met die Kobelco Steelers in Japan aangegaan om Carter, ’n tweemalige Wêreldbekerwenner van Nieu-Seeland, se dienste op kort termyn te bekom.

Daar is egter bevind dat Carter, wat ingevolge Franse regulasies ’n volledige mediese ondersoek moes ondergaan voordat Racing hom kon registreer as een van sy spelers, las het van ’n nekbesering.

Die Franse Nasionale Rugbyliga (LNR), die beheerliggaam van die Top14-reeks, het derhalwe besluit dat hy nie in Frankryk mag speel nie.

Racing het vroeër onder kritiek deurgeloop in Franse rugbykringe toe dit aan die lig kom dat die 37-jarige Carter tussen R400 000 en R480 000 per maand sou verdien om vir sy gewese Franse klub uit te draf.

Daar is gesê dat dié geld eerder gebruik moes word om jong Franse spelers die kans te bied om ervaring in die Top14-liga op te doen.

* Carter het hom ná die Wêreldbekertoernooi in 2015 by Racing 92 aangesluit en was daar tot Mei verlede jaar, waarna hy sy loopbaan in Japan voortgesit het.

– Stuff.co.nz; Le Parisien

Meer oor:  Racing 92  |  Top14  |  Dan Carter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.