Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Radebe se besering gee OP twee probleme

Die gebreekte hand wat Inny Radebe in Sondag se rugbywedstryd teen die Bulle in Pretoria opgedoen het, laat die Oostelike Provinsie met twee groot probleme.

Die woelige losvoorspeler CJ Velleman is een van die min kandidate om die kapteinspan van die OP by die beseerde Inny Radebe oor te neem. Foto: Gallo Images

Die eerste een is dat die Olifante nou ’n nuwe kaptein moet kry. Die tweede een, en dalk die groter probleem, is dat die span ook ’n nuwe losskakel moet kies.

Hoewel die vaskopstut Lupumlo Mguca die Olifante se onderkaptein was teen die Bulle, sal die flank CJ Velleman waarskynlik die kapteinskap by Radebe oorneem.

Velleman is een van die span se mees ervare spelers en was ook al baie keer in sy rugbyloopbaan die kaptein.

Daarby was hy een van die Olifante se min uitblinkers in die nederlaag van 10-87 teen die Bulle.

Hy het, soos altyd, met geesdrif en selfvertroue gespeel en nie ’n sentimeter vir sy teenstanders teruggestaan nie.

Mguca was op sy beurt nie op sy beste teen die Bulle nie. Hy is in elk geval nie iemand wat baie op ’n veld praat nie.

Wie by Radebe as losskakel moet oorneem, is nie so logies nie.

Luvo Claassen, wat Sondag in Pretoria vir die OP skrumskakel teen die Bulle gespeel het, kan dalk in die beseerde Inny Radebe se plek losskakel speel. Foto: Gallo Images

Josh Allderman is veronderstel om die span se tweede losskakel te wees, maar die afrigter, Peter de Villiers, sal dalk weer daaroor moet dink.

Luvo Claassen se diens as skrumskakel teen die Bulle was ’n bietjie wisselvallig en stadig en Allderman kan dalk flinker in dié posisie, waar hy voorheen vir die Southern Kings gespeel het, vertoon.

Claassen kan op sy beurt na losskakel, waar hy voorheen vir die Madibaz gespeel het, skuif.

’n Ander opsie op losskakel is om Courtney Winnaar, die span se eerstekeuse-heelagter, daar te probeer.

Winnaar het ook al vir die Kings losskakel gespeel en dis dalk in elk geval sy beste posisie.

De Villiers sal dalk met ander oë na party van die spelers wat teen die Bulle in die beginspan was, kyk.

’n Paar van hulle het ontuis op provinsiale vlak gelyk. Behalwe vir Velleman, het ’n paar ander darem wel ook gewys hulle wíl en kán beter vaar.

Onder hulle tel die senter Christopher Hollis, heelagter Riaan Arends, plaasvervanger-haker Sithembiso Befile en die plaasvervanger-losvoorspelers Arnold Kleyn en Diego Williams.

Die skraal flank Anele Lungisa se lynstaanspel was ook skaflik.

Die OP se volgende wedstryd in die voorbereidingsreeks is op Woensdag 10 Maart teen die Leeus in Gqeberha (Port Elizabeth).

Meer oor:  Beseer  |  Oostelike Provinsie  |  Inny Radebe  |  Voorbereidingsreeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.