Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rademan se plan om OP rugby reg te ruk
André Rademan

Die rugbyspan van die Baai sal voortaan net die Oostelike Provinsie heet.

André Rademan, president van die OP-rugbyunie, sê hul hooffokus is nou om ’n akademie van gehalte te vestig nadat die Kings gelikwideer is en hul plek in die vergrote Pro16-reeks verloor het.

“Ons gaan van onderaf herbou,” sê Rademan.

“Deel van ons strategie is om ons skoletalent te behou en te ontwikkel. Ons wil ook ons klubrugby versterk sodat van daardie spelers deur die OP betrek kan word.

Ons wil die trots en respek weer terugkry.

“Ons gee tans baie aandag aan ’n akademie, waarmee ons beplanning reeds ver gevorderd is.

“Ons wil OP-rugby weer laat herleef. Ons wil die trots en respek weer terugkry. Ons wil mededingend op alle vlakke wees en ons plaaslike talent ontwikkel.”

Een van Rademan-hulle se planne is om van volgende jaar voorwedstryde terug te bring wanneer die OP speel. Hulle beplan minstens een skolewedstryd, asook klubwedstryde as voorwedstryde vir die OP.

Nog een van die OP se belangrikste doelwitte is om in die ligafase van volgende jaar se SA Bekertoernooi tussen die agt voorste spanne klaar te maak.

’n Topagt-posisie sal bevestiging gee waarom die OP een van die vier plaaslike franchises moet wees en volgende jaar R19,4 miljoen van SA Rugby in TV-regte moet verdien.

Die eersteliga-spanne sal volgende jaar slegs R12,4 miljoen by die beheerliggaam ontvang.

Rademan-hulle gaan ook hul professionele arm herstruktureer.

Is die toekoms rooskleurig vir die OP? My antwoord is ja.

“As die geleentheid hom voordoen om oorsee te speel, moet ons reg en mededingend daarvoor wees. Geen tydlyn is daaraan gekoppel nie.”

Die OP, wat onder Rademan se leiding sy unie se geldsake omgedraai het en die afgelope drie jaar ’n skoon oudit gehad het, se uitdaging is om dieselfde met sy beroepsarm te vermag. Hulle was nie by die Kings betrokke nie.

“Nog ’n uitdaging is om ons topspelers te behou. Kyk hoe baie van die Bokke se Wêreldbeker-afrigtingspan soos Rassie Erasmus en Mzwandile Stick kom uit die Oos-Kaap.

“Verskeie Bokke soos Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi en Siya Kolisi kom ook van hier af.”

Rademan erken egter die laaste paar weke was traumaties vir almal wat by OP-rugby en die Kings betrokke was.

“Moeilike en ongewilde besluite is geneem.

“Dis nou tyd vir rugby in die Oos-Kaap om te herstruktureer en te herbou. Van onderaf te herbou. Is die toekoms rooskleurig vir die OP? My antwoord is ja.”

Meer oor:  Oostelike Provinsie  |  André Rademan  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.