Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rademan wil verder bou op fondasie by OP

Hy en sy bestuur het die Oostelike Provinsie Rugbyunie (Opru) die afgelope vier jaar uit ’n chaotiese toestand gelei en nou wil hulle verder op die fondasie wat gelê is, bou, sê André Rademan.

André Rademan hoop om Saterdag weer as die Oostelike Provinsie Rugbyunie se president verkies te word. Foto: Michael Green

Rademan het daarom besluit om hom weer vir die OP-presidentskap beskikbaar te stel.

Die Opru hou Saterdag in Gqeberha sy verkiesing en Rademan en Vernon Stuurman is die enigste kandidate vir dié amp.

“Dis belangrik dat die demokrasie seëvier. Ek is net bly dat daar nie, soos al in die verlede gebeur het, ’n modder-gooiery voor ’n OP-verkiesing is nie,” sê Rademan.

Daar is mense wat sê Rademan moet sy kop laat lees, want hy en sy bestuur moes die afgelope paar jaar hard baklei om die Opru op te bou.

“Ek dink ons rekord spreek vanself oor wat ons die afgelope vier jaar gedoen het,” sê Rademan.

“Toe ons die unie oorgeneem het, was dit in ’n chaos. Daar was R31 in die bank. Ons het nie stemreg by SA Rugby gehad nie, daar was die likwidasie . . . niks was reg nie.

“In vier jaar het ons seker gemaak ons het nou skoon oudits. ’n Positiewe bankbalans. Ons skuld niemand geld nie en ons het weer stemreg.”

Alles is steeds nie ’n honderd persent reg nie. Ons moet ons klubstrukture verfyn en seker maak dat ons borgskappe vir die unie kry.

Die een ding waarop Rademan ook trots is, is dat sy bestuur gewys het dat hy geen bedrog duld nie.

Daar is steeds ’n hofsaak, waarin ’n paar voormalige beamptes van die unie oor sekere geldkwessies vasgevat word, aan die gang.

Rademan voel sterk oor die OP se toekoms en sê hy dink dis nodig vir hom en sy bestuur om weer verkies te word sodat stabiliteit behou word.

“Ons het ’n topafrigter (Peter de Villiers) aangestel. Nou is die uitdaging om ’n mededingende span op die veld te kry,” sê hy.

“Toe ons oorgeneem het, het ons nooit belowe dat dinge oornag reg sal wees nie. Ons het gewaarsku dat dit tyd gaan neem.

“Alles is steeds nie ’n honderd persent reg nie. Ons moet ons klubstrukture verfyn en seker maak dat ons borgskappe vir die unie kry.

“Maar ek glo ons het die fondasie gelê en ek voorsien opwindende tye vir die OP aan die kom.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.