Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ranglys ’n klug, maar All Blacks baat

Die legendariese All Black-skrumskakel Justin Marshall glo dit strek tot Nieu-Seeland se voordeel om amptelik as die tweede beste span op die planeet by die Wêreldbeker (WB)-toernooi op te ruk.

Justin Marshall glo die All Blacks se posisie op die wêreldranglys maak hulle selfs nog gevaarliker. Foto: Getty Images

Die Kiwi’s het hul dekade lange oorheersing boaan die wêreldranglys op omstrede wyse aan Wallis afgestaan, met die All Black-afrigter, Steve Hansen, en Wêreldrugby se ondervoorsitter, Agustín Pichot, wat die ingewikkelde stelsel gekritiseer het.

Stuff berig Marshall voel egter die druk op die verdedigende kampioen is nou effens verlig.

“Dit is ongewoon dat hulle die toernooi betree as nié die nr. 1-span nie,” sê hy.

“Hulle het in die aanloop tot onlangse Wêreldbekers daardie mantra gehad van die beste span in die wêreld, maar ek dink nie dit sal katastrofies wees nie. Hulle reis nou na Japan met ’n bietjie van die druk dalk van hulle af. Wanneer jy soontoe gaan as die nr. 1-span, hou mense jou dop, so dit sal hulle baat.”

Ironies genoeg kan die All Blacks hierdie naweek na die nr. 1-posisie terugkeer sonder om te speel, met WB-opwarmingswedstryde in die Noordelike Halfrond wat deurlopend ’n invloed op die ranglys het.

Selfs die sukkelende Iere het ’n kans om boaan die ranglys te pronk wanneer hulle Wallis Saterdag pak.

Ierland moet Warren Gatland se span met 15 punte in Cardiff klop om die Walliesers ná twee weke te onttroon.

Indien Wallis gelykop speel of met minder as 15 punte verloor, skuif Nieu-Seeland weer na die eerste plek, Ierland spring na tweede en Wallis skuif af na die vierde posisie.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.