Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie gesels met oud-Bokafrigters

As Springbok-afrigter beklee Rassie Erasmus waarskynlik nou een van die eensaamste poste in wêreldsport, indien nie dié eensaamste nie.

Rassie Erasmus, die Springbok-rugbyafrigter. Foto: Gallo Images

Daarom kan die raad wat hy Woensdagaand in ’n vergadering met van sy voorgangers in dié pos kry, hom help pantser vir wat ongetwyfeld ’n uitdagende rugbyjaar vir die Bokke gaan wees.

Geen amptelike aankondiging is gedoen nie, maar Netwerk24 het vertroulik verneem dat Erasmus en van die vorige Bok-afrigters in die Moederstad gaan ontmoet.

Die idee is vir Erasmus om met sy voorgangers te gesels oor die uitdagings wat hulle ervaar het, wat hulle uit hul ervarings geleer het en wat hulle dalk nou anders sou doen.

Een van Erasmus se voorgangers, Jake White, het in 2006 ook met vorige Bok-afrigters vergader in die aanloop na die toets teen Nieu-Seeland in Rustenburg. Suid-Afrika het daardie toets met 21-20 gewen en White het later gesê dat die vergadering van nut was.

Of almal wat genooi is gaan opdaag, is ’n ope vraag. Allister Coetzee het nou die dag nog na Erasmus gekap en luidens berigte voer Peter de Villiers aan dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sy loopbaan probeer kelder. White is ook nie op goeie voet met Saru nie.

Die insette wat Erasmus van manne soos Carel du Plessis, Nick Mallett en André Markgraaff gaan kry, kan egter van nut wees.

’n Mens hoop maar net Erasmus besluit nie Woensdagaand om sommer nou al te bedank nie, want dinge soos rugbybase en spanbestuurders wat jou dwarsboom, opnames wat sonder jou wete van jou gemaak word en selfs seksvideo’s kan ter sprake kom . . .

Die hoop is op Erasmus gevestig om die Bokke weer op koers te kry nadat hulle die afgelope twee seisoene slegs 11 uit 25 toetse gewen het.

Meer oor:  Springbokke  |  Rassie Erasmus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.