Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie help om opvolger te soek

Die Cheetahs het Rassie Erasmus, die Springbok-afrigter en die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se direkteur van afrigting, betrek by hul proses om ’n plaasvervanger vir Franco Smith as hoofafrigter te soek.

Rassie Erasmus
Franco Smith

Erasmus en die Cheetahs sal Donderdag ontmoet, waarna die soektog na Smith se opvolger sal begin.

Smith se kontrak is tot Junie 2020 met die Cheetahs, maar hy sal waarskynlik ná vanjaar se Curriebekerreeks oorsee vertrek om hom in Italië te vestig as dié land se hoofafrigter.

Conor O’Shea, Italië se huidige hoofafrigter, sal ná die Wêreldbekertoernooi Italië se direkteur van rugby word.

Smith sal moontlik deel wees van die proses om kandidate te identifiseer as sy moontlike opvolger.

Erasmus sal in sy hoedanigheid as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby aan die proses deelneem.

Die Cheetahs is onder druk om drasties beter te vaar in die Pro14-reeks.

Dit is ook met die oog op die toekoms met die franchise se hoofborg, Toyota, wat die telbord sal dophou wanneer hy oor drie jaar moet besluit of hy sy borgskap gaan verleng.

Erasmus is bedrewe met die skepping van strukture en in dié opsig sal hy vir die Cheetahs van groot waarde wees met die proses om ’n nuwe afrigter aan te stel.

Intussen word die name van die Maties se Hawies Fourie en dié van die voormalige Vrystaatse afrigter Rory Duncan genoem as twee kandidate vir die pos.

Meer oor:  Cheetahs  |  Rassie Erasmus  |  Franco Smith  |  Opvolger  |  Springbok-Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.