Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie-hulle aanlyn om afrigters te help
Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, en Jacques Nienaber, die Springbok-afrigter, se kennis is nou aanlyn beskikbaar aan Suid-Afrikaanse afrigters op skoolvlak. Foto: Gallo Images

Engeland was nie vir Rassie Erasmus ’n probleem in die Wêreldbeker-eindstryd nie – en nou laat hy ook nie dat die Covid-19-pandemie in sy pad staan in sy strewe om Suid-Afrika se afrigters op skoolvlak te help nie.

Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby, gebruik sy nasionale afrigters om die vaardighede van dié land se afrigters aanlyn op te knap.

Deon Davids, hulpafrigter vir die Bokke, het Saru se reeks aanlyn aanbiedinge vir afrigters vandeesweek afgeskop.Foto: Getty Images

Deon Davids, hulpafrigter van die Springbok-span, het Woensdag begin met ’n interaktiewe aanlyn aanbieding vir 80 skoolafrigters, en Vrydag was dit Ashley Evert, die Blitsbokke se spanbestuurder, se beurt om oor ingooiwerk by lynstane te gesels. Evert was vroeër in sy loopbaan ’n hulpafrigter vir Suid-Afrika se o.20-span en die Blou Bulle.

Afrigters kon uit die gemak van hul leunstoele by die sessies aansluit en ná die aanbiedinge vrae stel.

In die komende weke sal dit Erasmus, Jacques Nienaber en ander hulpafrigters van die nasionale spanne se beurte wees.

In ’n verklaring Vrydag het Erasmus dié inisiatief as ’n deurbraak beskryf in die strewe om met plaaslike afrigters te kommunikeer. Hy het werknemers soos Hilton Adonis en Louis Koen, onderskeidelik Saru se bestuurders van opleiding en hoë-prestasie, lof toegeswaai.

“Die aanvanklike aanbieding was ’n groot sukses en het baie opgewondenheid onder afrigters geskep. Hierdie platform sal ons in staat stel om in ’n tydperk van isolasie te volhard met die opvoeding van ons afrigters,” sê Erasmus.

Hierdie platform sal ons in staat stel om in ’n tydperk van isolasie te volhard met die opvoeding van ons afrigters.
Rassie Erasmus

Adonis sê dit was altyd die plan om vanjaar meer aanlyn aanbiedinge te hê, en dat daardie plan nou deur die nasionale inperking bespoedig is.

Volgens hom is skole-afrigters die teikengroep vir dié aanbiedinge, veral dié wat werk met o.16- en o.18-spelers wat deur Saru geïdentifiseer is.

“Ons het baie positiewe terugvoer by die afrigters gekry. Hulle was mal oor die idee om betrokke te raak en die geleentheid aan te gryp om by Suid-Afrika se voorste afrigters te leer,” sê Adonis.

“Daar was baie WhatsApp-boodskappe en e-posse om ons te bedank.”

Meer oor:  Rassie Erasmus  |  Deon Davids  |  Suid-Afrika  |  Sa Rugby  |  Springbokke  |  Afrigters  |  Aanlyn  |  Afrigter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.