Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie kies: Nuwe rol vir Etzebeth
Eben Etzebeth moet die pap dik aanmaak wanneer hy Saterdag as plaasvervanger op die veld gestuur word teen Wallis.Foto: Gallo Images

Die slot Eben Etzebeth sal in sy 75ste toets vir Suid-Afrika as ’n plaasvervanger ingespan word wanneer die Springbokke Saterdag hulle jaareindtoer teen Wallis in Cardiff afsluit.

Etzebeth het volkome van die voetbesering herstel wat hy in die eerste toets op die Bokke se toer teen Engeland opgedoen het en vervang Lood de Jager op die bank.

Waar Etzebeth gebruiklik in die beginspan is en die krane vir 60, 65 minute oopdraai voor hy vervang word, sal daar dié keer van hom verwag word om in die laaste kwart van die wedstryd die rol van impakspeler te vertolk.

Dié rol moet ook nie gering geskat word nie, want die Bokke se plaasvervangers het in die seges oor Frankryk en Skotland ’n beduidende rol gespeel.

Etzebeth se insluiting op die bank is die enigste verandering aan die 23-tal wat op Murrayfield diens gedoen het.

Rassie Erasmus, die Bokke se breier, het op skrumskakel weer sy vertroue geplaas in die nuweling Embrose Papier, wat teen die Skotte sy eerste kans in die beginspan gekry het.

Jesse Kriel en Damian de Allende sal Saterdag die derde mees ervare senterkombinasie in die geskiedenis van Bok-rugby word.

Jesse Kriel en Damian de Allende sal Saterdag die derde mees ervare senterkombinasie in die geskiedenis van Bok-rugby word. Hulle sal ’n 15de keer in die middelveld saamspan.

Jean de Villiers en Jaque Fourie (29 toetse) en De Wet Barry en Marius Joubert (18 toetse) is bo hulle op die lys.

Suid-Afrika se span is:
Willie le Roux, Sbu Nkosi, Jesse Kriel, Damian de Allende, Aphiwe Dyantyi, Handré Pollard, Embrose Papier, Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, RG Snyman, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Thomas du Toit, Vincent Koch, Eben Etzebeth, Francois Louw, Ivan van Zyl, Elton Jantjies, Cheslin Kolbe.


Meer oor:  Eben Etzebeth  |  Rassie Erasmus  |  Cardiff  |  Springbokke  |  Rooi Drake  |  Afrigter  |  Rugby  |  Jaareindtoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.