Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie: ‘Kolisi was g’n meesterskuif'

Dit is verkeerdelik as ’n meesterskuif beskryf toe hy Siya Kolisi in 2018 as die eerste swart kaptein van die Springbokke aangewys het.

Rassie Erasmus en Siya Kolisi nadat die Springbokke die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland met 32-12 gewen het. Foto: Getty Images

Hy was naïef en het nie destyds die omvang van die besluit besef nie, gee Rassie Erasmus, voormalige Springbok-afrigter, toe.

Erasmus het Dinsdag op ’n webinaar van Nedgroup Investments erken hoewel Kolisi ’n logiese keuse was, was hy onseker oor wie die span moes aanvoer toe hy in 2018 die Bok-afrigter geword het.

“Ek het nooit ’n lang gesprek met hom oor die kapteinskap gehad nie.

“Dit was gedurende ’n spanvergadering wat ek besluit het hy gaan die span lei. Siya het dit daar vir die eerste keer gehoor en ek het hom nie vooraf ingelig nie.”

Erasmus sê diegene wat tot vandag toe glo hy het Kolisi dié rol gegee om die politici tevrede te hou, misgis hulself.

“Mense weet nie dat ek Siya afgerig het sedert hy 18 was en ek het hom toe al hoog aangeslaan.

“Hy was in daardie stadium (in 2018) die beste in sy posisie en die Stormers het goed gevaar (in die Superreeks).

“Ek het gevoel hy is ’n logiese keuse omdat hy die Stormers se kaptein was. Dit was glad nie ’n meesterskuif van my om hom kaptein te maak nie.

Ek het gevoel hy is ’n logiese keuse omdat hy die Stormers se kaptein was. Dit was glad nie ’n meesterskuif van my om hom kaptein te maak nie.
Rassie Erasmus

“Ek moet bieg, ek het die grootsheid van die situasie heeltemal onderskat.”

Hoewel Suid-Afrika die tuistoetsreeks teen Engeland gewen het en Kolisi goed gespeel het, het sy breier geglo hy is nie op sy beste nie.

“Hy het gesukkel aan die begin (met die kapteinskap) en ek het geweet Siya kan beter speel.

“Net toe hy gemaklik geraak het met die nuwe rol en goeie rugby gespeel het, het hy sy knie beseer.

“Hy was die enigste speler in ons Wêreldbeker-groep van 31 spelers wat herstel het van ’n besering in die aanloop.”

YOKOHAMA, JAPAN - NOVEMBER 02: Siya Kolisi of Sout
Siya Kolisi / Foto: Getty Images

Erasmus sê Kolisi se grootste bate by die WB-toernooi in Japan was dat hy geen ego het nie en bereid was om die ander leiers in die groep te betrek en hulle insette na waarde te ag.

“Siya is beslis nie ’n kaptein wat dink hy weet alles nie en hy is baie inklusief met sy leierskap.

“Ek het ook gedink hy het in die eindstryd teen Engeland een van sy beste vertonings vir die Bokke gelewer.”

Erasmus het aan die gaste wat die webinaar “bygewoon” het, gesê bestendigheid is nou die wêreldkampioen se grootste uitdaging.

“Ek het dit kort ná die toernooi gesê, dit is fantasties om die wêreldkampioen en die nommer een te wees, maar ons streef steeds daarna om so bestendig soos Nieu-Seeland te wees.

Ons was ’n diverse span wat vir almal in Suid-Afrika gespeel het.
Rassie Erasmus

“Bestendigheid op die veld met ons uitslae, maar ook, en ek wil dit nie ’n politieke ding maak nie, die ondersteuning wat ons van alle Suid-Afrikaners gehad het gedurende die toernooi.

“Ons was ’n diverse span wat vir almal in Suid-Afrika gespeel het en ons moet die momentum van daardie ongelooflike ondersteuning nie laat verlore gaan nie.”

Meer oor:  Siya Kolisi  |  Rassie Erasmus  |  Suid-Afrika  |  Politiek  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wereldbeker  |  Kaptein  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.