Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie maak Henning ‘voog’ van WB-Bokke

Eugene Henning is deur die spelersorganisasie MyPlayers vanaf Junie tot ná die Wêreldbekertoernooi in Japan in November aan die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, se bestuurspan toegewys.

Henning sal as skakel optree tussen die spelers en die bestuur, en enige probleme wat die spelers ondervind, sal eerste aan hom oorgedra word.

Henning sal die eerste kontakpunt vir die Bokke wees oor kwessies wat hulle raak.

Henning het dié week aan Rapport gesê dat Erasmus die idee voorgestel het en dat daar ’n gevoel is dat dit “waarde tot die omgewing kan toevoeg”.

“Die rol was ’n versoek van Saru se kant. Rassie en sy span het gevoel dat ’n spelersorganisasie-funksie op die bestuur moontlik waarde tot die omgewing kan toevoeg,” het Henning gesê.

“Voordat MyPlayers betrokke geraak het, het ons die idee met die spelers, bestuur en ander spelersorganisasies bespreek. Die gevoel was dat dit definitief die moeite werd sou wees om dit in die praktyk te toets en te kyk wat ’n mens daaruit kan leer.

“Ons sal basies van middel Junie tot aan die einde van die Wêreldbeker voltyds by die span betrokke wees.”

Henning sê sy rol sal hoofsaaklik ondersteunend wees.

“Wat ons op kort termyn met die rol wil bereik, is ook om die afrigters te ondersteun deur die bestuur se werklading met spelerskwessies te verlaag en om as ’n kommunikasiekanaal te dien.”

Henning sê die rol sal nie baie van sy daaglikse verpligtinge by MyPlayers verskil nie.

“Die rol verskil nie baie van ons rol tans as spelersorganisasie nie.

“Ons kyk op ’n daaglikse basis na die belange van al die professionele rugbyspelers in die land en die rol gaan bloot vir drie tot vier maande in die aanloop tot die Wêreldbeker meer eksklusief op ’n groep van 30 tot 40 spelers se belange fokus.

“As die rol suksesvol is, kan dit iets wees wat meer en meer internasionale spanne in die toekoms sal doen.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.