Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie, Marshall praat op beraad

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, en die gewese All Black-skrumskakel Justin Marshall sal van die grootste trekpleisters by die Blou Bulle en TuksRugby se internasionale afrigtingsberaad wees.

Dit word op 3 en 4 Oktober op die Hillcrest-sportkampus van die Universiteit van Pretoria gehou. Dit vind enkele dae voor die Springbokke se laaste toets in die Rugbykampioenskapsreeks op Loftus Versfeld teen die All Blacks plaas.

Hulle behoort saam deeglike terugvoer te gee oor die pad vorentoe vir Springbok-rugby, met bepaalde klem op die bloudruk vir die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Japan.

Die feit dat Nieu-Seeland lank reeds die onbetwiste pasaangeër in wêreldrugby is, sal Marshall se insette oor die “All Black-benadering” baie insiggewend en belangwekkend maak.

Die 45-jarige Marshall, deesdae ’n kommentator vir die TV-kanaal Sky ­Sports, kan met gesag hieroor praat omdat hy diep spore in Nieu-Seelandse toetsrugby getrap het.

Marshall hou onder meer in sy posisie die All Black-rekords vir die meeste toetse (80), meeste agtereenvolgende toetse (23), meeste drieë (28), meeste Drienasies-toetse (35), meeste toetse teen die Springbokke (22) en meeste toetsseges oor Suid-Afrika (16).

Erasmus se bydrae sal ook goeie luisterstof wees, omdat hy nog nie in sy eerste seisoen as die nuwe nasionale hoofafrigter ’n wenkultuur gevestig kon kry nie. Onder hom het die Bokke reeds teen Wallis, Engeland, Argentinië en die afgelope Saterdag ook teen Australië verloor.

Erasmus sal die verhoog deel met drie lede van sy afrigtingspan: Matthew Proudfoot, Swys de Bruin en Jacques Nienaber.

Hulle behoort saam deeglike terugvoer te gee oor die pad vorentoe vir Springbok-rugby, met bepaalde klem op die bloudruk vir die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Japan.

Die teenwoordigheid en deelname van die Springbokke se afrigtingspan en ’n ikoon soos Marshall is nie al rede waarom plaaslike afrigters die beraad nie moet misloop nie. Die program sluit talle ander interessante aanbiedings in.

Woensdag, 3 Oktober:

  • Die sportsielkundige, strateeg en motiveringspreker Henning Gericke, wat in 2007 ’n lid van die seëvierende Springbokke se bestuurspan by die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk was (“Afrigting: ’n proses en nie ’n uitkoms nie”).
  • Hilton Adonis, Saru se direkteur van afrigting (“Afrigtingspadkaart vir SA afrigters”).
  • Jannie Brooks, die gewese haker van die Blou Bulle en Opkomende Springbokke en deesdae ’n vooraanstaande krag- en fiksheidspesialis, (“Krag en fiksheid: funksionele metodes”).

Donderdag, 4 Oktober:

  • Die nasionale sewes-hoofafrigter, Neil Powell, onder wie die Blitsbokke die internasionale pasaangeërs geword het (“Moderne tendense in die afrigting van sewes-rugby”).
  • Die huidige Curriebeker-afrigter van die Blou Bulle, Pote Human (“Moderne lynstane: struktuur, dryf en maal”);
  • Die wêreldbekende naelloop-afrigter Hennie Kriel (“Die afrigting van hoëprestasie-atlete in vergelyking met hul eweknieë in rugby”).
  • Die hoofafrigter van die Pumas se Curriebeker-span, Jimmy Stonehouse (“Oefenmetodes: Opjaag van die tempo in wedstryde”).
  • Die bekroonde vaardigheidspesialis Blikkies Groenewald, tot onlangs die hoofafrigter van Pole se nasionale span (“Mededinging by die afbreekpunte”). Die beraad word deur Mark Alexander, president van Saru, geopen en die koste beloop R2 300 per persoon. Chris Buitendach kan vir nader besonderhede by 082 739 3654 gebel word.
  • Die Loftus 200-span speel oormôre op Loftus teen die amateurspan van die Goue Leeus. Loftus 200 het verlede Donderdag ’n baie goeie vertoning teen ’n Bulle 15-tal gelewer.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.