Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie se Bok-pos ná WB op agenda

Die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (Saru) sal ná die Wêreldbeker-toernooi in Japan met Rassie Erasmus vergader om te hoor of hy steeds in sy pos as Springbok-afrigter wil aanbly.

Saru is nietemin hoogs tevrede met die werk wat Erasmus tot dusver as Bok-breier verrig het en niks wat in Japan gebeur, sal teen Erasmus tel wanneer sy toekoms in heroënskou geneem word nie.

Mark Alexander
Mark Alexander, die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Foto: Gallo Images

Erasmus het in 2018 ’n kontrak van ses jaar, tot 2023, met Saru gesluit. Hy beklee tegelykertyd die pos van Bok-breier én Saru se direkteur van rugby, maar Mark Alexander, Saru se president, het Woensdag in Johannesburg daarop gesinspeel dat sy sesjaar-kontrak slegs vir sy pos as direkteur van rugby is.

“Hy het ’n kontrak van ses jaar as direkteur van rugby,” sê Alexander.

“Ons sal ná die WB-toernooi saam met Rassie om ’n tafel sit en by hom hoor of hy ná die toernooi wil voortgaan in albei rolle en of hy iemand anders wil inbring as hoofafrigter.”

Die volgende groot mikpunt ná die WB-toernooi sal die toer van die Britse en Ierse Leeus in 2021 wees. Dit sal ’n groot slag wees as Erasmus, wat aan die spits is van ’n Bok-herlewing, nie die span vir daardie reeks gaan afrig nie.

Rassie het homself skitterend van sy taak gekwyt en hy sal nie beoordeel word op die span se vertoning by die WB-toernooi nie.
Mark Alexander

Saru sal nietemin so gou as moontlik ’n nuwe breier wil aanstel as Erasmus wel besluit om hom voortaan slegs op sy pos as direkteur van rugby toe te spits.

Alexander is dit eens dat Erasmus die Bokke met onderskeiding brei.

“Ons kom deur donker tye in 2016. Ons het nie aan (transformasie-)teikens voldoen nie en ons borge het ons verlaat, want hulle het gedink ons het met die regering uitgeval,” skets Alexander die prentjie van die Bok-milieu waarin Erasmus ingestap het.

“Nou is ons op ’n goeie plek,” sê hy.

“Rassie het homself skitterend van sy taak gekwyt en hy sal nie beoordeel word op die span se vertoning by die WB-toernooi nie.

Rassie Erasmus. Foto: Getty Images
Rassie Erasmus. Foto: Getty Images

“Rassie het ’n mandaat vir die WB-toernooi en hy verstaan daardie mandaat. Ons gaan om mee te ding, nie net om deel te neem nie. Daar is ’n verskil.

“Maar ons plan toe ons vir Rassie aangestel het, was om ’n span te bou vir die WB-toernooi van 2023. Nou skielik het ons ’n span wat meer as bevoeg genoeg is om vanjaar al die WB te wen.”

Die spelers sal boonop bykomende motivering hê om goed te vaar.

“Daar is bonusse vir die spelers op die spel. Ek gaan wel nie sê hoeveel die bonusse beloop nie, maar daar was ’n berig in die Sunday Times waarin die getalle betreklik akkuraat was.”

Die koerant het in die naweek berig elke lid van die groep van 31 spelers, kan meer as R1,5 miljoen in bonusse en wedstrydgeld ontvang as die span die toernooi wen.

Alexander het weer benadruk dat daar geen transformasiedruk op Erasmus sal wees by die WB-toernooi nie.

“Rassie weet wat die teikens is en ’n mens hoef nie vir hom te vra om daaraan te voldoen nie. Die EPG (Eminent Persons Group se transformasieteikens) word oor ’n tydperk uitgewerk.

“Die 50% (spelers van kleur) moet in die 23-tal behaal word en ek glo ons sal in elk geval daaraan voldoen.”

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Mark Alexander  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Wêreldbekerrugby  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.