Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie se kontrak verleng tot 2023

Suid-Afrika hoef nie langer asem op te hou oor Rassie Erasmus se toekoms nie.

Rassie Erasmus. Foto: Getty Images

Hy en SA Rugby het Vrydagmiddag ná weke se onderhandelinge ’n ooreenkoms beklink wat verseker dat hy minstens tot ná 2023 se Wêreldbekertoernooi as die direkteur van rugby sal aanbly.

Sy aanvanklike kontrak toe hy van die Ierse klubspan Munster teruggekeer het, het net tot ná 2021 se besoek van die Britse en Ierse Leeus geduur. Dit het oorsese belangstelling van lande soos Engeland in Erasmus se dienste aangewakker.

Erasmus se prokureur, Frikkie Erasmus, het die nuwe ooreenkoms tussen sy kliënt en SA Rugby bevestig.

“Die verlenging van sy kontrak bied aan Rassie die geleentheid om uitvoering te gee aan sy breër visie vir die verbetering van die prestasies van alle Suid-Afrikaanse rugbyspanne,” het Frikkie Erasmus gesê.

Ofskoon SA Rugby nie in sy nuusverklaring met die aankondiging van Jacques Nienaber se posbevordering tot Bok-hoofafrigter aangedui het tot wanneer sy kontrak strek nie, word aanvaar dat hy soos Erasmus minstens tot 2023 beskikbaar is.

Erasmus en Nienaber het ’n lang geskiedenis en beplan nie dat hul weë in die afsienbare toekoms sal skei nie.

Erasmus was ondanks sy onderhandelinge met SA Rugby volstoom aan die woel agter die skerms om te verseker dat Suid-Afrikaanse rugby nie lamgelê word deur ’n Wêreldbeker-babelas nie. Daar is onder meer reeds drie belyningskampe met die oog op Julie se toetse teen Skotland en Georgië gehou.

Meer oor:  Sa Rugby  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Suid-Afrika  |  Direkteur Van Rugby  |  Kontrak  |  2023
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.