Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie Erasmus skaar hom by Bulle
Rassie Erasmus, die huidige Springbok-breier. (Foto: Mlungisi Louw)

Rassie Erasmus het ’n groot taak by Loftus Versfeld.

Die Bokafrigter het aanvanklik ontken dat hy sy moue by die Bulle gaan oprol, maar hy gaan wel sy gewig by die franchise ingooi.

Trouens, hy het reeds.

Erasmus is ’n lid van die Bulle se advieskomitee wat die mandaat het om ’n nuwe hoofafrigter vir die span te vind.

Die ander lede is Blikkies Groenewald, voorsitter van die Blou Bulle se afrigtersvereniging, Barend van Graan, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se uitvoerende hoof, en Alan Zondagh, voormalige afrigter van die Westelike Provinsie.

Willem Strauss. Foto: Gallo Images

Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) en voorsitter van die Bulle-direksie, sê die komitee sal die komende week begin om moontlike kandidate te sif.

Dit blyk die Bulle gaan nie noodwendig die pos adverteer om ’n opvolger vir John Mitchell te kry nie.

Strauss sê dit is belangrik dat die komitee vasstel watter afrigters beskikbaar is.

“Die laaste ding wat ons wil hê is om in dieselfde situasie te beland as wat die Engelse Rugbyunie (RFU) met Mitchell was.

“Hulle het met Mitchell onderhandel terwyl hy by ons gekontrakteer was en moes uiteindelik ’n aansienlike bedrag vir hom opdok. Ons wil nie dieselfde fout maak nie.”

Rassie gaan beslis nie ’n celebrity-afrigter wees nie. Dit is belangrik dat ons stabiliteit kry en sy kundigheid is in daardie opsig van onskatbare waarde.
Willem Strauss

Erasmus sal, volgens Strauss, ná die aanstelling “baie waarde hê om toe te voeg”.

Hy sê die Springbok-afrigter en Saru se direkteur van rugby se betrokkenheid by die span sal afhang van wie in die pos aangestel word.

“Rassie gaan beslis nie ’n celebrity-afrigter wees nie. Dit is belangrik dat ons stabiliteit kry en sy kundigheid is in daardie opsig van onskatbare waarde.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.