Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie slaan deur toe vir Warren

Die Wêreldbekerdeur het toegeslaan vir Warren Whiteley en dieselfde lot is dalk ook Aphiwe Dyantyi se voorland.

Rassie Erasmus, die Springbok-afrigter, het Maandagoggend met sy span se terugkeer uit Argentinië erken hy sal in die volgende week of twee “baie moeilike besluite” moet neem.

Die Wêreldbeker-deur het in die gesig van die Leeus se agtsteman en voormalige Springbok-kaptein Warren Whiteley toegeklap. Foto: Gallo Images

Hy het toegegee hy sal nie spelers vir die Wêreldbekergroep van 31 kan oorweeg as hulle “ses of wat weke laas” rugby gespeel het en nie hul fiksheid in ’n wedstryd-situasie kon bewys nie.

Dit kan ook beteken dat die senter Jan Serfontein, wat vir die Franse klub Montpellier speel, nie oorweeg sal word nie, omdat hy eers glo teen die einde Augustus toestemming kan kry om weer te speel.

Volgens Erasmus sal Dyantyi nog nie vandeesweek vir die Leeus oorweeg kan word nie en dalk eers volgende week in die prentjie kom wanneer die Leeus in hul laaste Curriebeker-kragmeting met Griekwas in Kimberley swaarde kruis.

“Ons het nou net 80 minute (Saterdag teen Argentinië op Loftus Versfeld) oor om die legkaart te voltooi voordat die Wêreldbekergroep gefinaliseer word,” sê Erasmus.

“Daarom wil ek verskeie ander spelers Saterdag kans gee. ’n Paar spelers sal ook eers vandeesweek hul fiksheid moet bewys.

“Ons sal wel vir Siya (Kolisi) inbring en hy sal speel, maar van die plaasvervangerbank af. Hy sal net beperkte speeltyd kry,” sê die afrigter.

Volgens hom sal die veelsydige agterspeler, Damian Willemse, nog ’n kandidaat wat die Wêreldbekergroep kan haal, waarskynlik Saterdag sy terugkeer vir die Westelike Provinsie maak.

Dit lyk dus of die deur nou beslis toegeklap het in die gesig van die eertydse kaptein en agtsteman, Warren Whiteley.

Ek wil nie met ouens Japan toe gaan oor wie se fiksheid daar vrae is nie.

Hy is beslis nog nie reg om sy terugkeer tot die speelveld te maak teen die tyd wat Erasmus sy groep op 26 Augustus aankondig nie.

“Dit sal net té veel van ’n waagstuk wees om spelers wat so lank nie gespeel het nie, by die Wêreldbekergroep te betrek.

“Sou hulle dan weer seerkry in daardie eerste wedstryd teen die All Blacks, met die volgende wedstryd net om die draai, sal dit ons in ’n baie moeilike posisie plaas.

“Ons moet seker wees die 31 wat saamgaan, is almal behoorlik fiks en sal hul kant kan bring.

“Ek wil nie met ouens Japan toe gaan oor wie se fiksheid daar vrae is nie,” het hy gesê.

“Almal weet omtrent almal hoe naby hulle is aan die groep en ons speel oop kaarte met hulle. In dié stadium het ek ’n baie goeie idee van hoe die groep sal lyk waarmee ek Japan toe wil gaan.

“Daar is net daardie enkele moeilike keuses wat ek nog moet maak,” sê Erasmus.

Meer oor:  Warren Whiteley  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.