Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie soek duidelikheid oor duikslag
André Esterhuizen word in sy spore gestuit deur Owen Farrell se omstrede duikslag. Foto: AP

Rassie Erasmus, die Springbokke se hoofafrigter, het Maandag in Parys gesê hy hoop Wêreldrugby sal duidelikheid gee ná die Owen Farrell-voorval.

“Ons gee ná elke toets terugvoer oor die skeidsregter en daar was kommunikasie met Alain Rolland (Wêreldrugby se skeidsregtershoof), maar jy kan nie verander wat ’n skeidsregter beslis het nie,” het Erasmus gesê oor die skeidsregter Angus Gardner se besluit om nie vir Farrell te straf nadat hy André Esterhuizen met die skouer neergevel het nie.

“Jy moet soms met sulke besluite saamleef. As dit die soort duikslae is wat binne die reëls is, is dit iets wat alle spanne veronderstel is om te kan doen.

“Daar moet dan net duidelikheid daaroor wees. As dit aanvaarbaar is, is die saak reg.”


Meer oor:  Bokke  |  André Esterhuizen  |  Springbokke  |  Owen Farrell  |  Rassie Erasmus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.