Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie soek WB-antwoorde op Ellispark
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - JULY 19: Springboks d
DIe Springbok-span vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies. Foto: Gallo Images

Die toets van die eksperimentele spanne.

Dít is hoe Saterdagmiddag se kragmeting tussen die Springbokke en Australië in die Rugbykampioenskapsreeks op Ellispark in Johannesburg beskryf kan word.

Albei afrigters, Rassie Erasmus en Michael Cheika, soek antwoorde in hul spanne se eerste toets van die Wêreldbeker-jaar.

Cobus Reinach, wat in 2015 laas vir die Springbokke gespeel het, warm Vrydag op Ellispark op. Hy is ’n plaasvervanger vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies. Foto: Gallo Images

Albei erken dit is nie die span wat hulle sou opstuur as dit ’n Wêreldbeker-eindstryd was nie.

Maar vir albei is dit ’n belangrike fase in hul soeke na antwoorde voordat hulle later vanjaar Japan toe gaan vir die skouspel van wêreldrugby.

Dit is wat dié toets so interessant kan maak.

Gaan daar vir die breiers en die ondersteuners dalk ’n naam of twee uitspring wat die verbeelding sal aangryp?

Gaan daar dalk ’n kombinasie of twee na vore tree wat by die Wêreldbeker van groot waarde sal wees?

Vir albei spanne gaan ’n sege vanmiddag van groot sielkundige waarde wees. Dit sal die perfekte afskop wees in ’n Wêreldbeker-jaar en baie selfvertroue help kweek.

’n Nederlaag kan groter onsekerheid bring en meer vrae as antwoorde skep.

Albei spanne het ’n stewige vaste vyf gekies en sal voel dit is waar die grondslag vir sukses gelê moet word.

Die Wallaby-lostrio, met die uitsondering van die flank en kaptein, Michael Hooper, kan ’n verrassingspakket op toetsvlak wees.

Voordat Cobus Reinach speelkans kry, sal alle oë op Herschel Jantjies wees. Hy maak sy toetsdebuut teen die Wallabies. Foto: Gallo Images

Die Bokke se Jantjies-skakelpaar, Herschel en Elton, se vertoning sal ook met aandag dopgehou word.

In die middelveld kan die stryd baie intens wees tussen twee senterpare wat fisiek baie sterk is, terwyl daar genoeg spoed en flair in die agterste driehoeke is.

Dit is egter op albei plaasvervangerbanke waar spelers sit wat ondersteuners brand om weer in aksie op toetsvlak te sien.

Ellispark sal brul wanneer Frans Steyn, Cobus Reinach en Marcell Coetzee hul toetrede maak.

Coetzee het sy laaste toets op 8 Augustus 2015 gespeel en die kollig sal sterk val op die drie oorsese Bokke as hulle genoeg speelkans kry.

Van die Wallabies se groot kanonne soos Will Genia en Kurtley Beale sal ook hul speelkans vanaf die bank kry.

Erasmus sal hoop hy kan ná die wedstryd gemaklik gesels oor die eksperiment wat gewerk het, eerder as om te moet skerm oor hoekom dinge verkeerd geloop het.

Spanne

Suid-Afrika: Warrick Gelant, Sbu Nkosi, Jesse Kriel, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Elton Jantjies, Herschel Jantjies, Francois Louw, Pieter-Steph du Toit, Rynhardt Elstadt, Lood de Jager, Eben Etzebeth, Trevor Nyakane, Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Schalk Brits, Lizo Gqoboka, Vincent Koch, Marvin Orie, Marcell Coetzee, Cobus Reinach, Frans Steyn, Dillyn Leyds.

Australië: Tom Banks, Dane Haylett-Petty, Tivita Kuridrani, Samu Kerevi, Reece Hodge, Bernard Foley, Nic White, Isi Naisarini, Michael Hooper (k), Lukhan Salakaia-Loto, Rory Arnold, Izack Rodda, Sekepo Kepu, Folau Faiingaá, James Slipper. PLAASVERVANGERS: Jordan Lielese, Harry Johnson-Holmes, Taniela Tupou, Rob Simmons, Jack Dempsey, Will Genia, Matt Toómua, Kurtley Beale.

  • Skeidsregter: Paul Williams (NS).
  • Assistent-skeidsregters: Matthew Carley (Eng), Karl Dixon (Eng).
  • TV-skeidsregter: Rowan Kitt (Eng).
  • Afskop: 17:05 (SS 1, GDN en van 18:50 op SABC 2).

Meer oor:  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.