Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Toestande kan sorg vir verrassings'
Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, sê die span pas goed aan by die uitdagende weersomstandighede en dat dit nie ontwrigting veroorsaak nie. Foto: Gallo Images

Die sterkste span ter wêreld, nie die een wat die beste by die moeilike speeltoestande in Japan aanpas nie, sal vanjaar se Wêreldbekertoernooi wen.

Dís Rassie Erasmus se reaksie op ’n vraag hoe ’n groot invloed die gasheerland se humiditeit en hitte op die spanne se vertonings in rugby se groot skouspel sal hê.

“Daar kan weens die speeltoestande verrassings in die groepfases wees. Ek dink die weer, hitte en humiditeit kan ’n paar spanne beter pas in die groepfases en daar sal verrassings wees.

“Ek verwag in die uitkloprondes (gaan orde herstel en) gaan die beste span ter wêreld eindelik die Wêreldbeker wen.”

Ek verwag in die uitkloprondes (gaan orde herstel en) gaan die beste span ter wêreld eindelik die Wêreldbeker wen.
Rassie Erasmus

Erasmus verwag dat die weer tydens die toernooi sal verander, waarskynlik van middel-Oktober af wanneer sake begin afkoel.

“Daar gaan wedstryde wees waar dit bitter moeilik is om die bal te hanteer, soos die geval in ons kragmeting met Japan was.

“Ek verwag in die groepwedstryde gaan dit byna wees soos om in reën te speel. Hulle sê egter die weer verander vinnig. Die humiditeit is ’n groter probleem as die hitte.”

Die Bokke, wat eerste van al die spanne in Japan aangekom het, glo wel hul voorbereiding in Pretoria en Bloemfontein se hitte help met die aanpassing hier.

“Ons het seker gemaak ons oefentye was op die warmste tye van die dag in Pretoria. Ons het nie net altyd in die oggende of laatmiddae geoefen nie.

“Selfs in Bloemfontein was dit baie warm. Ons is gelukkig in daardie opsig en ons was ook vroeër as die res hier in Japan.

“Ons toetse is ook om 19:00 saans, terwyl ons nou op die warmste tye van die dag voorberei. Ek verwag ons sal daarom die toestande makliker hanteer.

Ons oefen regtig hard en gee baie noukeurige aandag aan die spelers se herstel ná oefeninge. Ek is baie ingenome daarmee.
Rassie Erasmus

“Ons oefen regtig hard en gee baie noukeurige aandag aan die spelers se herstel ná oefeninge. Ek is baie ingenome daarmee.”

Weens die humiditeit en hitte verwag Erasmus dat spanne se impakbanke ’n groot sê in die Wêreldbeker sal hê.

“Ek dink die impakbanke gaan ’n tamaai rol in die toernooi speel.

“Die spelers gee deesdae nie meer om of hulle die toetse begin en of hulle aan die einde daar is om hul hande in die lug te steek nie. Almal sing ieder geval die volkslied saam.

“Dis partykeer lekker vir spelers om die laaste paar minute op die veld te wees wanneer die eindfluitjie blaas.

“Die bank is regtig nie meer plaasvervangers nie. Hulle is ouens wat of vir jou die gang van die wedstryd moet swaai, of ’n verskil gaan maak en foute moet gaan regstel.”

Meer oor:  Rassie Erasmus  |  Japan  |  Suid-Afrika  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.