Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie, Van Graan ruil dalk vroeër stoele

Rassie Erasmus neem op 1 November die leisels as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby oor, wat ’n stok in die wiel kan steek van die Springbokke se plan om Johann van Graan nog vir oulaas op hul Europese toer as ’n voorspelerafrigter in te span.

Rassie Erasmus. Foto: Gallo Images

Die hoogaangeskrewe Van Graan is deur Saru van sy kontrak vrygestel om die Ierse span Munster af te rig. Die verwagting was dat hy nog aanstaande maand saam met die Bokke sou toer voordat hy by Munster inskakel, maar daardie plan is in onsekerheid gedompel met die nuus dat Erasmus vroeër as verwag terugkeer na Suid-Afrika.

Erasmus is tans Munster se direkteur van rugby.

“Rassie begin op 1 November by Saru,” het Erasmus se prokureur, Frikkie Erasmus, Donderdag bevestig.

Munster hoop Van Graan sal teen die middel van November ’n werkpermit hê, maar niks keer hom om dié maand reeds as waarnemer Munster toe te gaan nie.

Saru kon nog nie uitsluitsel gee oor of Van Graan saam met die Bokke gaan toer al dan nie.

Die amptelike antwoord op ’n navraag hieroor was: “Johann sal deel van die (Bokbestuur-)span bly tot sy werkpermit ensovoorts afgehandel is.”

Johann van Graan. Foto: Gallo Images

As hy nie kan saamtoer nie, is die vraag natuurlik wie die Bokke se lynstaan-afrigting gaan behartig. Dis ’n spelgebied waarop Erasmus bedrewe is, maar hy gaan waarskynlik eers aanstaande jaar sy moue by die nasionale span oprol.

Daar kan moontlik van Matt Proudfoot verwag word om saam met die skrums beheer van die lynstane te neem.

Erasmus se koms sal ingrypende verandering in die strukture van Suid-Afrikaanse rugby teweeg bring.

Jacques Nienaber, die bekende verdedigingsafrigter en vertroueling van Erasmus wat ook by Munster saam met hom werk, keer ook terug in ’n pos as “assistent- nasionale afrigter”. Hy sal egter na verwagting eers aanstaande jaar by die Bokke inskakel.

Meer oor:  Munster  |  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Springbokke  |  Johann Van Graan  |  Rassie Erasmus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.