Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rassie waag met nuwe Bokspan
Kwagga Smith (links) en RG Snyman is twee van die handjievol spelers wat verlede naweek teen Argentinië gespeel het in Salta, wat Saterdag op Loftus Versfeld ook in aksie sal wees teen die Poemas.Foto: Getty Images

Die diepte van Springbok-rugby sal Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria tot die uiterste beproef word.

Rassie Erasmus, hoofafrigter van die Bokke, het Woensdag ’n opdrafspan vir die toets teen Argentinië aangekondig wat straks slegs een eerstekeuse-speler, die flank Siya Kolisi, bevat.

Kolisi, die Bok-kaptein, het pas herstel van ’n kniebesering en sal die eerste keer vanjaar die Groen-en-Goud dra. Hy sal waarskynlik vroeg in die tweede helfte deur Marco van Staden of Kwagga Smith vervang word.

Nie een van die 15 spelers wat in die beginspan was vir die Bokke se klinkende sege in Salta verlede naweek, is in die opdrafspan vir die Loftus-toets nie.

Nie een van die 15 spelers wat in die beginspan was vir die Bokke se klinkende sege in Salta verlede naweek, is in die opdrafspan vir die Loftus-toets nie. En van die 23-tal wat in Salta diens gedoen het, is slegs vyf (Smith, RG Snyman, Faf de Klerk, Frans Steyn en Jesse Kriel) die naweek weer in aksie.

Die haker Scarra Ntubeni sal sy toetsdebuut maak as hy Saterdag as plaasvervanger opgestuur word. Die veteraan Schalk Brits (38) sal die nr. 2-trui in die beginspan dra. Brits het in 2008 laas, teen Australië, ’n toets begin.  – Sportredaksie

Die Springbok-span is:
Warrick Gelant, Sbu Nkosi, Jesse Kriel, André Esterhuizen, Dillyn Leyds, Elton Jantjies, Cobus Reinach, Marcell Coetzee, Rynhardt Elstadt, Siya Kolisi, Lood de Jager, RG Snyman, Vincent Koch, Schalk Brits (k), Thomas du Toit. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Lizo Gqoboka, Wilco Louw, Marvin Orie, Marco van Staden, Kwagga Smith, Faf de Klerk, Frans Steyn.

Hoogtepunte van Salta-toets:

 

Meer oor:  Siya Kolisi  |  Rassie Eramus  |  Scarra Ntubeni  |  Pretoria  |  Loftus Vers­Feld  |  Springbokke  |  Poemas  |  Nuwelinge  |  Toets  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.