
Rasta Rasivhenge Foto: Getty Images
Rasta Rasivhenge en Marius van der Westhuizen is as die skeidsregters aangewys vir Saterdag se Curriebeker-halfeindstryde, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie Woensdag in ’n nuusverklaring aangekondig.
Rasivhenge sal die fluitjie dra in die eerste halfeindstryd tussen die Bulle en Leeus op Loftus Versfeld in Pretoria, waarna Van der Westhuizen op Nuweland in Kaapstad aan die beurt gaan wees vir die kragmeting tussen die Westelike Provinsie en die Haaie.
Albei is ervare op hierdie vlak. Rasivhenge was die skeidsregter in halfeindstryde in 2016 en 2017, terwyl Van der Westhuizen dié taak in 2013, 2016 en 2017 verrig het.

Marius van der Westhuizen Foto: Gallo Images
• Die volledige lys van wedstrydbeamptes vir die halfeindstryde is:
Bulle t. Leeus
Skeidsregter: Rasta Rasivhenge
Assistent-skeidsregters: AJ Jacobs en Griffin Colby
TV-skeidsregter: Marius Jonker
WP t. Haaie
Skeidsregter: Marius van der Westhuizen
Assistent-skeidsregters: Cwengile Jadezweni en Aimee Barrett-Theron
TV-skeidsregter: Stuart Berry