Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rebels looi Brumbies in Sydney
Reece Hodge was een van die Rebels se helde in hul klinkende oorwinning oor die Brumbies in Australië se Superrugby-reeks. Foto: Getty Images

Die Rebels het die Brumbies Vrydag in die Leichardt-stadion in Sydney met ’n slag aarde toe gebring deur hulle met 30-12 af te ransel.

Voor hierdie kragmeting was die Brumbies nog onoorwonne ná vier wedstryde.

Die wedstryd is in gietende reën begin, maar dit het nie die Rebels van stryk gebring nie.

Reece Hodge, die span van Melbourne se heelagter, het hul eerste drie in die derde minuut gedruk ná prysenswaardige hanteerwerk.

Die Rebels het nog drie keer agter die Brumbies se doellyn gaan kuier in die eerste helfte en was met rustyd met 27-7 voor.

Die Rebels het nog drie keer agter die Brumbies se doellyn gaan kuier in die eerste helfte en was met rustyd met 27-7 voor.

In die tweede helfte was daar minder punte, met net ’n strafdoel deur Reece Hodge vir die Rebels en ’n drie deur Will Miller reg teen die einde vir die Brumbies.

Dit was egter steeds die Rebels wat die meeste van die tyd die pas aangegee het en gebiedsvoordeel geniet het.

Die wenspan is goed deur die ervare To’omua gelei. To’omua, gewoonlik ’n losskakel, het op binnesenter begin en was betroubaar op die verdediging en intelligent op die aanval.

Puntemakers: Rebels 30 (27): Drieë: Reece Hodge (2), Brad Wilken, Jordan Uelese. Doelskoppe: Matt To’omua (2). Strafdoele: To’omua (2).

Brumbies 12 (7): Drieë: Joe Powell, Will Miller. Doelskop: Bayley Kuenzle (1).

• Die Waratahs en die Reds pak mekaar Saterdag in nog ’n wedstryd in die Australiese reeks op die SCG in Sydney.

Die spanne is:

Waratahs: Jack Maddocks, James Ramm, Lalakai Foketi, Karmichael Hunt, Alex Newsome, Will Harrison, Jake Gordon, Jack Dempsey, Michael Hooper, Lachie Swinton, Rob Simmons, Ned Hanigan, Harry Johnson-Holmes, Tom Horton, Tom Robertson. PLAASVERVANGERS: Andrew Tuala, Angus Bell, Tetera Faulkner, Tom Staniforth/Jed Holloway, Hugh Sinclair, Mitch Short, Joey Walton, Ben Donaldson.

Reds: Jock Campbell, Jordan Petaia, Hunter Paisami, Hamish Stewart, Filipo Daugunu, James O’Connor, Scott Malolua, Harry Wilson, Liam Wright, Angus Scott-Young, Lukhan Salakaia-Loto, Angus Blyth, Taniela Tupou, Brandon Paenga-Amosa, Dane Zander. PLAASVERVANGERS: Alex Mafi, Jack Straker, Zane Nonggorr, Tuaina Taii Tualima, Fraser McReight, Tate McDermott, Bryce Hegarty, Josh Flook.

Afskop: 11:15 (SS 1).


Meer oor:  Reece Hodge  |  Australie  |  Brumbies  |  Superreeks  |  Rebels  |  Reds  |  Waratahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.