Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Reds, 'Tahs skop rugby Doer Onder af
Die losvoorspeler Liam Wright in aksie by een van die Reds se oefeninge. Foto: Getty Images

Australië verwelkom Vrydag die terugkeer van beroepsrugby nadat die Covid-19-pandemie die sport omtrent op sy kop gekeer het.

Eindelik, ná groot skommellinge in die raadsale en vele vergaderings oor die vermindering van spelers se salarisse, sal daar weer op die veld aksie wees.

Australië se vier Super-spanne en die Western Force sal teen mekaar in ’n plaaslike reeks (Superrugby AU) meeding, waar al die spanne tuis en weg teen mekaar sal speel.

Die reeks begin Vrydag in Brisbane se Suncorp-stadion met die Reds en die Waratahs wat mekaar sal pak.

Daar sal net 25 000 toeskouers by die wedstryd toegelaat word en hulle sal gesigmaskers moet dra en sosiale distansiëring handhaaf.

Daar sal net 25 000 toeskouers by die wedstryd toegelaat word en hulle sal gesigmaskers moet dra en sosiale distansiëring handhaaf.

Die Waratahs was die afgelope paar jaar baas wanneer die twee spanne teen mekaar gespeel het.

Australië se rugbybase sal volgens Reuters duimvashou dat dié kragmeting vir goeie vermaak sal sorg, want hulle moet eersdaags ’n nuwe ooreenkoms vir TV-uitsaairegte onderteken.

Die Waratahs het intussen oorlogspraatjies van Liam Wright, die Reds se kaptein, afgelag.

Alex Newsome lag maar net oor praatjies dat die Reds op die oorlogspad is en die Waratahs Vrydag in Brisbane wil “opdons”. Foto: Getty Images

“Dis ’n bietjie vergesog komende van ’n spul ouens wat flouerige bier drink,” het Alex Newsome, die Waratahs se onderkaptein, aan The Canberra Times gesê toe hy hoor Wright sê die Reds wil die ’Tahs “opdons”.

Die Waratahs kan egter maar weet dat die Reds, wat deur die voormalige All Black Brad Thorne afgerig word, met ’n aggressiewe aanslag sal kom.

Thorne het ook besluit om die begaafde James O’ Connor op losskakel te kies en dít kan ’n meesterskuif wees.

Die Brumbies, wat Saterdag in Canberra teen die Rebels speel, kan as die vroeë gunsteling om die Australiese reeks te wen, beskou word.

Die Force, wat in 2017 uit die Super-reeks geskop is, het hierdie week ’n loslootjie en sal vorentoe wil wys dat sy weglating ’n fout was.

Die spanne is:

Waratahs: Jack Maddocks, James Ramm, Alex Newsome, Joey Walton, Mark Nawaqanitawase, Will Harrison, Mitch Short, Will Harris, Michael Hooper, Lachlan Swinton, Rob Simmons, Nd Hanigan, Harry Johnson-Holmes, Robbie Abel, Angus Bell. PLAASVERVANGERS: Tom Horton, Tetera Faulkner, Tiaan Tauakipula, Tom Stanisford, Jack Dempsey, Michael McDonald, Ben Donaldson, Tepai Moeroa.

Reds: Bryce Hegarty, Jack Campbell, Hunter Paisami, Hamish Stewart, Filipo Daugunu, James O’ Connor, Tate McDermott, Harry Wilson, Fraser McReight, Liam Wright, Lukhan Salakaia-Loto, Angus Blyth, Taniela Tupou, Brandon Paenga-Amosa, Harry Hoopert. PLAASVERVANGERS: Alex Mafi, JP Smith, Josh Nasser, Tuaina Taii Tualima, Angus Scott-Young, Scott Malolua, Chris Feauai-Sautia, Josh Flook.

Skeidsregter: Nic Berry.

Afskop: 11:00.

TV: SS 1.


Meer oor:  Australie  |  Covid-19  |  Waratahs  |  Rugby  |  Reds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.