Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Reece 1 van 5 groentjies in All Blacks-span
Die vleuel Sevu Reece maak Saterdag sy buiging vir die All Blacks. Foto: Getty Images

Nieu-Seeland het vyf groentjies gekies vir Saterdag se Rugbykampioenskaptoets teen Argentinië in Buenos Aires.

Stuff berig Sevu Reece draf op regtervleuel uit, terwyl Atu Moli, Luke Jacobson, Josh Ioane en Braydon Ennor plek op die plaasvervangersbank kry.

Ervaring word verskaf deur die slot Brodie Retallick, kaptein Sam Cane op oopkantflank, die skakelpaar Aaron Smith en Beauden Barrett en die heelagter Ben Smith.

Die insluiting van Reece in die All Blacks se groep vir die reeks is nie oral met dieselfde entoesiasme begroet nie.

Dié Fidjiaan van geboorte is in Julie verlede jaar met NS$750 (sowat R7 000) beboet nadat hy sy meisie aangerand het. Daar is toe in die Hamiltonse distrikshof gehoor hoe ’n besope Reece en sy vriendin stry gekry het.

Gedurende hul argument het Reece sy meisie omgestamp en sy het beserings aan haar gesig, knie en middellyf opgedoen.Reece het in daardie stadium vir Waikato gespeel en was op die punt om hom by Connacht aan te sluit, maar die Ierse klub het die kontrak summier gekanselleer.

Vier van Nieu-Seeland se vyf Superrugby-franchises wou nie met ’n stok aan Reece raak nie.Scott Robertson, die Crusaders se hoofafrigter, het egter gevoel die 22-jarige Reece is ’n “jong man van gehalte”, wat ’n tweede kans verdien.

Sedertdien het Reece dié seisoen 15 drieë in die Super-reeks gedruk. Dit sluit twee in verlede week se halfeindstryd teen die Hurricanes in.

All Blacks: 15 Ben Smith, 14 Sevu Reece, 13 Anton Lienert-Brown, 12 Ngani Laumape, 11 Jordie Barrett, 10 Beauden Barrett, 9 Aaron Smith, 8 Ardie Savea, 7 Sam Cane (k), 6 Vaea Fifita, 5 Patrick Tuipulotu, 4 Brodie Retallick, 3 Angus Ta’avao, 2 Dane Coles, 1 Ofa Tuungafasi. PLAASVERVANGERS: 16 Liam Coltman, 17 Atu Moli, 18 Nepo Laulala, 19 Jackson Hemopo, 20 Luke Jacobson, 21 Brad Weber, 22 Josh Ioane, 23 Braydon Ennor.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Sevu Reece  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.