Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Reënboog-veters vir Hane ná aanval
Gareth Thomas in aksie vir Wallis teen Fidji by die Wêreldbeker-toernooi in 2007 in Frankryk. Foto: Getty Images

In die nadraai van die homofobiese aanval op die voormalige Walliese rugbyspeler Gareth Thomas, gaan Frankryk se rugbyspan Saterdag reënboogveters in hul stewels in hul toets teen Fidji dra.

Dít volg nadat Thomas (44), wat in 100 toetse vir Wallis gespeel het, die naweek in Cardiff aangeval is vanweë sy seksuele voorkeur. Hy het in 2009 onthul dat hy gay is – die eerste hoëprofiel-rugbyspeler wat so gemaak het.

Serge Simon, adjunkpresident van die Franse Rugbyfederasie (FRF), sê die gebaar om die reënboog-veters in Parys te dra, is in solidariteit met Thomas, wat in 2005 die Europese Kampioenebeker in die kleure van Toulouse verower het, berig rugbypass.com.

Hoewel die FRF sê die span staan agter Thomas, is dit tog ironies dat die Hane se bieliesenter Mathieu Bastareaud hom vroeër vanjaar ’n skorsing op die lyf geloop het ná ’n homofobiese uitbarsting by ’n wedstryd.

Die 30-jarige Bastareaud het in Januarie in ’n wedstryd tussen sy klubspan, Toulon, en Benetton die Italiaanse flank Sebastian Negri, ’n Zimbabwiër van geboorte, ’n “f**n moffie” genoem.

Die Fransman het destyds skuld erken en op sosiale media om verskoning gevra vir sy optrede. Hy is aanvanklik ’n skorsing van ses weke opgelê, maar het ’n korting van 50% gekry omdat hy skuld erken het.

Dit is nie homofobies nie, want ek het ook al iemand ’n moffie genoem. Dit is omgangstaal en wat eerste opkom wanneer ’n mens ’n rusie het.
Mourad Boudjellal

Destyds het Toulon se eienaar, Mourad Boudjellal, gesê dat Bastareaud se opmerking nie beteken dat hy ’n oordeel oor die Italianer se seksuele voorkeur gevel het nie.

“Dit is nie homofobies nie, want ek het ook al iemand ’n moffie genoem. Dit is omgangstaal en wat eerste opkom wanneer ’n mens ’n rusie het,” het hy gesê.

Frankryk en Fidji kom Saterdagaand om 22:05 te staan. Die Hane, wat ’n doodsnik-nederlaag teen die Springbokke gely het, is weer stert in die lug nadat hulle verlede week ’n klinkende sege oor Argentinië behaal het. – Sportredaksie

Meer oor:  Mourad Boudjellal  |  Gareth Thomas  |  Frankryk  |  Wallis  |  Gay  |  Hane  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.