Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Reënboogbeker met dié nuus opgekikker

Daar is tog ’n pot goud aan die einde van die Reënboogbeker-toernooi.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Vrydag aangekondig dat die onderskeie wenners van die plaaslike en Europese Reënboogbeker-reekse op 19 Junie in ’n eindstryd teen mekaar sal speel.

Daar’s ’n pot goud aan die einde van die Reënboogbeker-kompetisie in die gedaante van ’n eindstryd tussen die kampioene van Europa en Suid-Afrika. Foto: Getty Images

Suid-Afrika en Europa se spanne sou oorspronklik in ligawedstryde teen mekaar gespeel het, maar reisbeperkings in Brittanje en Europa het beteken dat die Suid-Afrikaners nie hul grense kon oorsteek nie.

Gevolglik is besluit om die parallelle toernooie in die Noordelike en Suidelike Halfrond te speel. ’n Eindstryd tussen die wenners sal darem nou ’n internasionale geur aan die toernooi gee.

Saru sê in sy verklaring dat beplanning vir só ’n wedstryd in ’n “gevorderde stadium” is.

“Daar behoort eersdaags skriftelik toestemming te wees om die eindstryd in Europa te speel,” lui Saru se verklaring.

“Dis in hierdie stadium belangrik vir spanne, hul ondersteuners, uitsaaiers en borge om van hierdie verwikkeling te hoor voor die naweek se wedstryde in Europa en Suid-Afrika.”

Die Noordelike toernooi word tussen 12 spanne van Ierland, Wallis, Skotland en Italië beslis, terwyl slegs vier spanne van Suid-Afrika (die Bulle, Stormers, Haaie en Leeus) in die Suide meeding. – Sportredaksie

Meer oor:  Reënboogbeker-Reeks  |  Reënboogbeker  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.