Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Europese Reënboogbeker van die baan

Daar is geen pot goud aan die einde van dié reënboog nie . . .

Die vier Suid-Afrikaanse franchises se voorbereiding vir Europese teenstand in die Reënboogbeker-reeks was skynbaar pure verniet, met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en die Pro14-ringkoppe in Europa wat na verneem word op die punt staan om aan te kondig dat die Haaie, Stormers, Leeus en Bulle nie meer in dié kompetisie sal speel nie.

Suid-Afrika se vier deelnemers aan Pro-rugby sal mekaar nie meer van hierdie naweek af in die Reënboogbeker-reeks die stryd aansê nie. Foto: Gallo Images

Netwerk24 verneem dat daar weens die internasionale reisverbod op Suid-Afrikaanse reisigers geen kans is meer dat die land se rugbyspelers Europa toe kan gaan vir hul Reënboogbeker-wedstryde daar nie. Daar is dus geen sin daarin om voort te gaan met die plaaslike derbies (wat beplan is vir die eerste drie rondes van die kompetisie) nie.

Die eerste van dié derbies sou Vrydagaand in Kaapstad tussen die Stormers en Haaie plaasgevind het, gevolg deur ’n stryd Saterdag op Loftus Versfeld tussen die Bulle en Leeus.

Luidens ’n berig op IOL het die Haaie egter nie reisreëlings vir hul Vrydag-wedstryd getref nie. Die Stormers, Leeus en Bulle was wel almal Dinsdagoggend nog op die oefenveld.

’n Amptelike verklaring oor die toekoms van die Reënboogbeker-reeks word Woensdag verwag. 

Die wolk oor die plaaslike franchises is darem nie te donker nie, met Saru wat reeds besig is om ’n plaasvervanger-reeks te reël wat reeds volgende naweek kan begin.

Na verneem word sal die vier franchises nou in aksie wees in 'n kompetisie genaamd die Reënboogbeker-Suid, en die twaalf spanne in die Noordelike Halfrond in 'n Reënboogbeker-Noord. Die wedstryde wat vir hierdie naweek beplan was, sal volgende naweek tussen dieselfde spanne en op dieselfde velde plaasvind.

Die Reënboogbeker-handelsmerk word waarskynlik behou omdat daar reeds borgskappe en televisie-ooreenkomste vir die kompetisie gesluit is.

Daar was vroeër sprake dat die vier Pro-spanne teen die Cheetahs, Pumas, Griekwas en Oostelike Provinsie in aksie sou wees in 'n nuwe plaaslike kompetisie as die Reënboogbeker afgestel word, maar dit is skynbaar nou van die baan. 

Die land se rugby-ringkoppe het ’n Plan B op ys omdat daar vir weke al onsekerheid oor die Reënboogbeker heers. Daar was juis verlede week ook gerugte dat die reeks gekanselleer sou word, maar Saru het dit ontken en voortgegaan met sy planne vir die eerste drie rondes terwyl gewag is vir uitsluitsel oor die oorsese wedstryde.

’n Kompetisie van enige aard is natuurlik van kardinale belang vir Suid-Afrika se spelers, met die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika nou net meer as twee maande weg. ’n Gebrek aan speelkans kan nie bekostig word nie, omdat dit die Springbokke se plaaslike spelers halfgebak sal laat.

* Die berig is bygewerk met nuwe inligting.


Meer oor:  Reënboogbeker  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.