Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Reg of weg vir All Blacks se ‘Bus’
Julian Savea in ’n toets tussen Nieu-Seeland en Australië in 2016 op Edenpark. Foto: Getty Images

Toe die voormalige All Black Julian Savea Maandag die eerste keer saam met die Hurricanes begin sweet het, was hy maar alte bewus daarvan dat die volgende paar weke bepalend vir die res van sy loopbaan as ’n rugbyspeler is.

Dié 29-jarige veelsydige agterspeler het Nieu-Seeland tussen 2012 en 2017 in 54 toetse verteenwoordig. In 2018 het hy hom by die Franse klubspan Toulon aangesluit, maar vroeër vanjaar te midde van die Covid-19-pandemie besluit om na sy geboorteland terug te keer.

Hy kan vir die Hurricanes se laaste twee kragmetings in die Aotearoa-reeks oorweeg word en het by Maandag se oefening gesê hy is maar te bewus daarvan dat hy sal moet uithaal en wys om ’n langtermynkontrak te verseker.

My denkwyse is om my beste voet voor te sit en aan die afrigters te wys wat ek steeds het en om dan te sien wat gebeur.
Julian Savea

“My denkwyse is om my beste voet voor te sit en aan die afrigters te wys wat ek steeds het en om dan te sien wat gebeur,” het Savea aan verslaggewers by die oefening gesê.

“Ek is baie gretig om hier te bly, maar ek is oop vir enigiets en ons sal sien wat gebeur.”

Savea, wat alombekend staan as “die Bus”, sal straks effens verroes wees nadat hy geen rugby sedert Maart gespeel het nie. Hy sê hoewel hy fiks gebly het en voel dat hy Saterdag teen die Chiefs kan uitdraf, hy waarskynlik in klubwedstryde in Wellington sal moet speel om sy wedstrydfiksheid op te skerp.

“As ek nie geleentheid kry om vir die Hurricanes te speel nie, sal ek beslis klubrugby speel. Ek is baie gretig om my staal te wys,” sê Savea.

Hy is steeds in gesprekke met Wellington om vir dié span in die Nieu-Seelandse provinsiale kampioenskap, wat volgende maand begin, uit te draf.

“Ek het nie regtig verwag om vanjaar enige Superrugby te speel of om deel van die span te wees nie.” – Reuters

Savea op Instagram:

View this post on Instagram

A post shared by Julian Savea (@juliansavea7) on

 
Meer oor:  Julian Savea  |  Nieu-Seeland  |  Rugby  |  Vleuel  |  Aotearoa-Reeks  |  All Blacks  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.