SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Regering se aalmoes hou Grens staande

Grens Rugby kan nog ’n reddingsboei by die regering kry wat die Bulldogs in staat sal stel om aan te hou speel, hoewel die unie steeds onder administrasie is.

Bronne na aan die unie het bevestig dat Bulelwa Tunyiswa, die LUR vir sport in die Oos-Kaap, Vrydag met Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Monde Tabata, ’n lid van SA Rugby se uitvoerende bestuur, en Tim Dlulane, Grens se bedryfsbestuurder, in Kaapstad sal vergader om die tweede reddingsboei vas te knoop.

Die bedrag kan glo meer beloop as die R4,2 miljoen wat die unie vanjaar in April ontvang het. Die verhoging sal die unie in staat stel om opwarmwedstryde te reël en om die afrigters te vergoed.

Maar daar heers ongelukkigheid by die klubs – wat Grens basies besit – oor die samestelling van die afvaardiging.

Die insluiting van Dlulane, ’n voormalige Springbok- en Blou Bul-flank, word bevraagteken.

Dlulane, wat vroeër vanjaar Oos-Londen toe verhuis het as ’n eiendomsontwikkelaar, is sowat vyf maande gelede by Grens aangestel. Plaaslik word gevra wie hom aangestel het en hoe dit gebeur het, aangesien hy nie een van die Grens-beamptes is wat hul poste weens besnoeiing verloor het nie.

Een van dié beamptes het die saak glo reeds na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie en die arbeidshof verwys.

Volgens Grens se administrateur, Basil Haddad, is Dlulane deur Saru vir ’n tydperk van vier maande aangestel. Sy kontrak het glo reeds verstryk, hoewel hy nog vergaderings bywoon.

Meer oor:  Bulldogs  |  Grens Rugby  |  Bulelwa Tunyiswa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.