Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Regering wil Grens Rugbyunie red

Die Oos-Kaapse regering se skenking van net meer as R4 miljoen kan die Grens Rugbyunie (GRU) van ’n gewisse dood red.

Dit is die mening van Monde Tabata, ’n gewese administrateur van die GRU en ’n uitvoerende bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), wat nou saam met die regering gewerk het om die geld vir die rugbyunie te bekom.

Monde Tabata, administrateur van die OP Rugbyunie. Foto: Gallo Images

Die Oos-Kaapse departement van sport, kuns en kultuur het Vrydag aangekondig R4,2 miljoen word aan Grens-rugby geskenk om die bankrot unie weer te laat funksioneer.

Weens Saru se besluit om die GRU onder administratiewe bestuur te sit, is Grens uit alle professionele kompetisies van SA Rugby verbied, met net die klub-, skole en die skeidsregtersvereniging wat nog kon funksioneer.

Vrouerugby in die provinsie gaan goed aan, maar word deur SA Rugby bestuur.

Die geldinspuiting kan nou wel beteken dat Grens weer in SA Rugby se kompetisies toegelaat word en die unie weer vanjaar in die Curriebeker se eerste liga sal kan speel.

Tabata glo dit is ’n groot stap in die regte rigting vir die rugbyunie.

“Dit sal nie al die probleme oplos nie, maar dit sal die unie weer op die been bring en ’n kans gun om al sy belowende talent speelkans te gee,” het Tabata aan Rapport gesê.

“Spelers soos Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi het hier begin en daar is nog hope talent soos hulle hierrond.”

Tabata sê dit is ontsettend belangrik om die GRU weer op die been te kry, want sonder hulle kan Saru se hele transformasieplan inplof.

“Persoonlik twyfel ek of Saru sy transformasiedoelwitte kan bereik as daar geen Grens is nie,” het Tabata gesê.

“My wens is dat die regering se betrokkenheid nie net eenmalig is nie, maar volgehou sal word om rugby in die Grens-unie te help.”

Hy meen dat Grens met dié hulp van die Oos-Kaapse regering sy rugby kan regruk en weer in staat sal wees om ’n borg te vind.

Tabata het ook gesê dat goeie korporatiewe bestuur “ ’n massiewe voorvereiste” vir die volhoubaarheid van die unie is.

Meer oor:  Skenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.