SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Regstel-aksie: Bulle die voorloper

Die Blou Bulle Maatskappy spog met die hoogste B-BBEE-gradering van die land se vier Superrugby-franchises – en hul telling troef selfs dié van die beheerliggaam, SA Rugby.

Een van die bevindings is dat die Westelike Provinsie se professionele arm nie aan die vereistes voldoen nie.

Volgens inligting wat aan die provinsies by SA Rugby se algemene vergadering gegee is, beskik die Blou Bulle Maatskappy oor ’n vlak 3-B-BBEE-sertifikaat – selfs hoër as SA Rugby se vlak 4. Vlak 1 is die hoogste sertifikaat wat ’n maatskappy kan verwerf.

Die Blou Bulle is by verre die mees getransformeerde unie volgens die B-BBEE-stelsel. “Ons is baie trots op ons gradering,” het Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die BBM, aan Rapport gesê. “Ons het hard gewerk daarvoor.”

Rapport se inligting is dat die Leeus nie oor ’n B-BBEE-gradering beskik nie en die Haaie op vlak 7 gegradeer is. Die WP se amateur-arm, asook die SWD-Arende en Grens het almal ’n vlak-1 sertifikaat. Die Goue Leeus, Blou Bulle, Boland, Griekwas, KwaZulu-Natal-unie en Griffons het weer ’n vlak 2-sertifikaat.

Die Vrystaatse Rugbyunie (amateur) beskik oor ’n vlak-4 sertifikaat, terwyl sy professionele arm geen gradering laat doen het nie.

SA Rugby vereis dat sy provinsiale unies aan die B-BBEE-gradering moet voldoen, veral omdat dit ook sy eie gradering beïnvloed en borge dit vereis.

* Saru se personeel is reeds 70% swart, met vroue wat 46% van sy personeelkorps uitmaak. 53% van die land se unies het ook swart presidente.

Ander transformasiesyfers wat die week na vore gekom het, is:

  • Die Stormers is steeds die mees getransformeerde span in Superrugby, met 39% swart verteenwoordiging. Hulle word gevolg deur die Haaie (38%), Bulle (36%) en Leeus (33%).
  • In die Pro14-reeks het die Kings van 57% swart verteenwoordiging in 2017 teruggesak tot 43% in 2018.
  • In die Supersport-reeks is die gemiddelde swart verteenwoordiging onder die 14 spanne 48%. In 2017 was dit 43%.
  • In die Curriebeker Premierliga het swart verteenwoordiging van 34% tot 35% vermeerder. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.