Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
HOOGTEPUNTE: Engeland wen met 12-11

Suid-Afrika het die eerste toets van die jaareindtoer met 12-11 teen Engeland op Twickenham verloor. 

Lees: Volledige wedstrydverslag. 

Spanne:

Engeland: Elliot Daly, Jack Nowell, Henry Slade, Ben Te’o, Jonny May, Owen Farrell (m/k), Ben Youngs, Mark Wilson, Tom Curry, Brad Shields, George Kruis, Maro Itoje, Kyle Sinckler, Dylan Hartley (m/k), Alec Hepburn. PLAASVERVANGERS: Jamie George, Ben Moon, Harry Williams, Charlie Ewels, Zach Mercer, Danny Care, George Ford, Chris Ashton.

Suid-Afrika: Damian Willemse, S’bu Nkosi, Jesse Kriel, Damian de Allende, Aphiwe Dyantyi, Handré Pollard, Ivan van Zyl, Warren Whiteley, Duane Vermeulen, Siya Kolisi (k), Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Thomas du Toit, Wilco Louw, RG Snyman, Lood de Jager, Embrose Papier, Elton Jantjies, André Esterhuizen.

03 Nov. 18:45:07

Mbonambi vervang vir Marx. 

03 Nov. 18:44:20

Willemse skop direk uit.

03 Nov. 18:43:18

Die skop is oor. 12-11 vir Engeland met sewe minute se speeltyd oor.

03 Nov. 18:42:47

Farrell lê aan pale toe.

03 Nov. 18:41:49

Engeland dwing 'n strafskop by die skrum af.

03 Nov. 18:40:48

Die Bokke voer nou 'n skrum vyf meter van hul eie doellyn af. Engeland begin nou gate aan die buitekant vind. 

03 Nov. 18:36:13

Pollard se skop is oor. 11-9 vir die Bokke met 12 minute se speeltyd oor.

03 Nov. 18:35:18

Thomas du Toit dwing dadelik 'n strafskop by 'n afbreekpunt af. Pollard gaan pale toe skop, so bykans 45 meter.

03 Nov. 18:33:46

Kolisi word deur De Jager vervang, Kitshoff deur Du Toit en Malherbe deur Louw.

03 Nov. 18:32:48

Engeland loods aanval op aanval, maar die Bokke se verdediging staan baie sterk. 

Die Bokke moet nou wel aan die ander kant van die veld uitkom.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Bokke  |  Rose  |  Springbokke  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.