Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Reinach skeur spier met gewigte
Reinach Venter Foto: Gallo Images

Die Cheetahs se voormalige haker Reinach Venter is op pad terug na Suid-Afrika nadat ’n ernstige spierbesering sy Franse uitstappie by Clermont kortgeknip het.

Sy kontrak met dié Franse rugbyklub sou die einde van die seisoen geëindig het.

Volgens die klub het die 26-jarige Venter ’n spier onder sy regterskouer gedurende ’n oefensessie met gewigte geskeur.

Venter het hom in Desember by die klub aangesluit as instaanspeler vir Yohan Beheregaray en was net drie keer in aksie.

Venter het verlede jaar ’n goeie lopie in die Superrugby Unlocked-reeks by die Cheetahs gehad.

Clermont sê dat hy binnekort sal vertrek.

Clermont is vierde op die Franse Top14-puntelys.

Hy speel Saterdag gasheer vir Brive nadat hy verlede naweek in die kwarteindstryd van die toernooi om die Europese Kampioenebeker teen Toulouse verloor het. – Sportredaksie, Sport24

Meer oor:  Cheetahs  |  Reinach Venter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.