Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Renfred wil Blitse groter plofkrag te gee

Renfred Dazel bevind hom by ’n nuwe span, maar nie in ’n rugbyomgewing wat vir hom vreemd is nie. As die Blitsbokke se nuwe hulpafrigter is hy goed vertroud met die stelsels en die spelers, maar die grootste bate is dat hy ’n hele paar sakke sout saam met sy hoofafrigter, Neil Powell, verorber het.

Dazel sê die afgelope week Powell was destyds sy kaptein toe hulle albei vir die Blitsbokke gespeel het. Hulle was ook dikwels kamermaats en is steeds goeie vriende.

Daarom stres hy nie oor sy skuif na die Blitsbokke nie, want hy is goed vertroud met die “speelveld” wat hy nou betree. Trouens, vertel Dazel, hy is ’n hele paar keer al deur Powell gevra wanneer hy reg gaan wees om te skuif. En met skuif het Powell natuurlik bedoel van die nasionale vroue-sewes na die Blitsbokke.

Renfred Dazel

“Ek moes eers ondervinding (as afrigter) opdoen,” sê Dazel oor sy tyd as hoofafrigter van die SA vroue-sewesspan.

Net ná sy uittrede uit rugby het Dazel die pos gekry om die vroue af te rig. Dit het hy nou vir vier jaar gedoen – ’n tyd wat hy as ’n goeie leerskool bestempel.

“Met my deel van sy bestuurspan kan ons nou idees wissel en vernuwend dink. Ek het ’n goeie begrip van die spelers en die stelsel. My ingesteldheid sal wees om te fokus op areas wat Neil en die span sal help.”

Volgens Dazel is Powell se werk as afrigter hoofsaaklik gefokus op verdediging en die afbreekpunte waar die Blitse onverbeterlik is. Daarom sal hy meer op aanvallende spel fokus.

Soos Powell tydens die onlangse Kaapstadse Sewestoernooi skertsend opgemerk het, is die Blitsbokke se aanvalsplanne eenvoudig: Gee die bal uit na die naaste ou met dreadlocks.

Dazel is eerlik as hy sê dis makliker om by ’n suksesvolle span in te skakel as by ’n span wat herbou moet word.

“Die kultuur onder die spelers is uitstekend. Hulle was ongelukkig in Kaapstad (om derde te eindig), maar die span het steeds nog net een wedstryd in twee toernooie verloor.”

  • Eerskomende naweek se Sydney-sewestoernooi (26 tot 28 Januarie) sal Dazel se vuurdoop as permanente hulpafrigter van die sewes-kampioene wees.

Die Blitsbokke sal in Sydney teen Papoea-Nieu-Guinee, Spanje en Engeland in groep C van die toernooi speel.

“Dit gaan belangrik wees om op ons vertoning in Kaapstad te verbeter,” sê Powell oor die Sydney-toernooi.

“Elke ou in die span sal sy verantwoordelikhede moet nakom. Ongelukkig het ons Chris (Dry) verloor en Bibo (Branco du Preez) is vroeg vanjaar by die eerste kamp ook beseer.

“Gelukkig keer Dylan Sage terug van ’n besering en hy sal Chris se plek vul. Stedman Gans het baie goed gespeel tydens die Akademie-toer in Suid-Amerika. Hy vervang vir Branco.”

Meer oor:  Neil Powell  |  Renfred Dazel  |  Blitsbokke  |  Hulpafrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.