Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rennie kies groot Wallaby-groep

Dave Rennie, die Wallabies se afrigter, het heelwat nuwelinge en ’n groep spelers met min toetservaring in sy groep ingesluit vir hul toetsreeks in Julie teen Frankryk.

Rennie het 11 spelers gekies wat hoop om hul buiging te maak en 14 spelers wat nog nie eens tien toetse gespeel het nie.

Die Wallaby Sitaleki Timani is vir die eerste keer sedert 2013 in Australië se nasionale groep ingesluit. Foto: Getty Images

Michael Hooper is weer die kaptein, terwyl Sitaleki Timani ná ’n afwesigheid van 2 760 dae weer die Wallaby-trui sal dra.

Dié veteraan van die Western Force se laaste toets was in 2013 teen Skotland.

“Ons het dié groep gekies gegrond op hul peil en op potensiaal. Ons weet die hele groep is baie opgewonde om te bewys waarom hulle die Wallaby-trui teen Frankryk moet dra,” sê Rennie.

“Die groep is groter as wat ons normaalweg sou kies, maar ons moes oorweeg hoe ons die strengheid van die reeks (weens die Covid-19-maatreëls) teen die Hane sal hanteer.”

Die groep sal Dinsdag vir die eerste keer by die Sanctuary Cove aan die Goudkus saamtrek nadat hulle die naweek hul verpligtinge in die Trans-Tasmaanse Superrugby-reeks nagekom het.

“Ons sal in alle erns Dinsdag ons voorbereiding begin vir wat beloof om ’n opwindende reeks te wees teen ’n span wat tans van sy beste rugby speel.”

Die eerste toets word op 7 Julie by die ikoniese Sydney Krieketgronde (SCG) beslis voordat die spanne na die suide vertrek vir die tweede toets op 13 Julie by die AAMI Park in Melbourne.

Die derde en laaste toets sal by die Suncorp-stadion in Brisbane beslis word. – Sportredaksie, Rugby Australië

* Wallabies se groep:

Allan Alaalatoa (43 toetse, Brumbies)

Tom Banks (11, Brumbies)

Angus Bell (3, Waratahs)

Filipo Daugunu (5, Queensland Reds)

Pone Fa’amausili (0, Melbourne Rebels)*

Lalakai Foketi (0, Waratahs)*

Jake Gordon (5, Waratahs)

Reece Hodge (45, Melbourne Rebels)

Michael Hooper (105, Verblitz/Waratahs)

Len Ikitau (0, Brumbies)*

Feleti Kaitu’u (0, Western Force)*

Andrew Kellaway (0, Melbourne Rebels)*

Marika Koroibete (34, Melbourne Rebels)

Rob Leota (0, Melbourne Rebels)*

Noah Lolesio (2, Brumbies, 21)

Lachlan Lonergan (0, Brumbies)*

Tate McDermott (2, Queensland Reds)

Fraser McReight (1, Queensland Reds)

Andy Muirhead (0, Brumbies)*

Isi Naisarani (8, Melbourne Rebels)

James O’Connor (55, Queensland Reds)

Brandon Paenga-Amosa (9, Queensland Reds)

Hunter Paisami (6, Queensland Reds)

Izaia Perese (0, Waratahs)*

Matt Philip (9, Pau/Melbourne Rebels)

Lukhan Salakaia-Loto (25, Queensland Reds)

Scott Sio (68, Brumbies)

James Slipper (100, Brumbies)

Darcy Swain (0, Brumbies)*

Lachie Swinton (1, Waratahs)

Sitaleki Timani (18, Western Force)

Matt To’omua (54, Melbourne Rebels)

Taniela Tupou (25, Queensland Reds)

Rob Valetini (4 Tests, Brumbies)

Michael Wells (0, Melbourne Rebels)*

Nic White (37, Brumbies)

Harry Wilson (6, Queensland Reds)

Tom Wright (3, Brumbies)


Meer oor:  Michael Hooper  |  Dave Rennie  |  Rugby Australië  |  Wallabies  |  Frankryk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.