Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rennie verlaat Warriors vroeër vir Wallabies

Australië se nuwe afrigter, Dave Rennie, se termyn by die Glasgow Warriors kom volgende week – ’n maand vroeër as beplan – tot ’n einde nadat dié Skotse Pro14-span bekend gemaak het dat Skotland se voorspeler-afrigter, Danny Wilson, hom as hoofafrigter vervang.

Dave Rennie groet die Warriors ’n maand vroeër om by die Wallabies as hul hoofafrigter aan te sluit. Foto: Getty Images

Rennie, ’n Nieu-Seelander, se hooftaak sal wees om die Wallabies na die Wêreldbeker-toernooi in 2023 te lei nadat hy aangestel is as Michael Cheika se opvolger. Die Aussies het ’n sukkeljaar agter die blad en is in verlede jaar se toernooi in Japan in die kwarteindronde uitgeboender.

Rennie sou aanvanklik eers in Julie by die Wallabies aangesluit het, maar met die Pro14-reeks wat weens die Covid-19-pandemie onbepaald opgeskort is, het die Warriors besluit dis nou die beste tyd vir Wilson om die leisels by Rennie oor te neem.

“Met sport in Australië wat beplan om binnekort te hervat, sal dit Rennie die geleentheid gee om in sy nuwe rol as hoofafrigter te begin,” het Nathan Bombrys, die Warriors se uitvoerende hoof, op die span se webtuiste gesê.

“Ons is dankbaar vir wat Dave die afgelope drie seisoene vir die klub gedoen het en veral hoe ondersteunend hy in die huidige omstandighede was, sowel as sy bereidwilligheid om sy uitgebreide kennis met al ons afrigters te deel.”

Wilson sou ná die Sesnasies-reeks – wat ook uitgestel is – as waarnemer by Rennie aangesluit het vir die res van die seisoen. Hy val nou reeds Maandag in. – Reuters

Meer oor:  Glasgow Warriors  |  Dave Rennie  |  Wallabies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.