Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Veganiste vang Folau met 'n vuile

Die omstrede Aussie-rugbyster Israel Folau het onwetend ’n skenking aan Rainbow Youth gemaak, ’n groep wat hom beywer vir die regte van lesbiese, gay, biseksuele en transgender- (LGBT) jong mense.

Israel Folau was nie lank terug nie Australië se beste rugbyspeler. Foto: Getty Images

7news.co.au berig die veganis-restaurant Gorilla Kitchen in Auckland, Nieu-Seeland, het Folau met ’n vuile gevang toe die afgedankte Wallaby en sy vrou, die Kiwi-netbalspeler Maria, onlangs daar geëet het.

Die eetplek, met die slagspreuk “Good Kai Good Karma”, het op sosiale media onthul hy was tevrede om die paartjie te bedien, maar het die situasie uitgebuit nadat die Folaus die restaurant verlaat het en die geld wat hulle daar bestee het, aan Rainbow Youth geskenk.

“Ons is trots om te sê Israel Folau en sy vrou Maria Folau het onopsetlik hul ondersteuning aan Rainbow Youth betoon,” sê Gorilla Kitchen op sy Facebook-blad.

“Ons wys niemand by Gorilla Kitchen weg nie, want ons is lief vir almal, nie net diere nie. So, toe Israel en Maria ons weer ’n paar weke gelede besoek het, het ons nie geskroom om hulle te bedien nie. Wat hulle egter nie besef het nie, was dat die geld wat hulle by Gorilla Kitchen bestee het, aan Rainbow Youth geskenk sou word.”

Die afgedankte Wallaby, wat in Mei sy lonende kontrak by Rugby Australië kwyt is nadat hy op sosiale media teen “dronkaards, gay mense en egbrekers” uitgevaar het, is vandeesweek vir sy uitlatings veroordeel dat Australië se krisis met veldbrande verband hou met die land se wetgewing oor aborsie en selfdegeslaghuwelike.

Folau het Sondag in ’n preek by sy pa, Eni, se Truth of Jesus Christ Church in Sydney gesê Australië se besluit oor die wettiging van aborsie en selfdegeslaghuwelike gaan teen “God se woord” en dat die nasie hom moet “bekeer”.

– Sportredaksie

Meer oor:  Rainbow Youth  |  Lgbt  |  Toetsrugby  |  Israel Folau  |  Superrugby  |  Ra  |  Gorilla Kitchen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.