Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
RG en Jason: Die nuwe Victor en Bakkies?
RG Snyman laat loop die bal na Jason Jenkins toe dié slotte verlede jaar vir die Junior Bokke in die o.20-Wêreldtoernooi gespeel het. Foto: Gallo Images

Om ’n slotpaar, waarvan nie een ouer as 21 jaar is nie, die volgende Victor Matfield en Bakkies Botha te noem, is ’n dapper en heeltemal voortydige voorspelling.

Dit gaan immers ’n spesiale poging verg om dié voormalige slotpaar van Loftus Versfeld, wat op hulle dag in 63 toetse saam in die tweede ry vir die Bokke gesak het, na te doen.

By Loftus word vertel RG Snyman en Jason Jenkins is reeds beter spelers as wat Matfield en Botha op ’n ooreenstemmende ouderdom was.

Dié talentryke en bedrewe jong slotpaar het vanjaar groot vooruitgang gemaak by die Bulle.

Veral Snyman was invloedryk in die Curriebeker-reeks en is beloon met ’n plek in die Springbokspan wat in Londen teen die Barbarians gespeel het.

Hy is verlede week op die Bulle se jaareind-prysuitdeling as die unie se Junior Speler van die Jaar en die Spelers se Speler van die Jaar in die Curriebeker-reeks bekroon.

“Alles het so vinnig gebeur die seisoen en ek het dit baie geniet.

“Ons het ’n goeie jaar by die Bulle gehad, maar die hoogtepunt was ongetwyfeld om vir die Springbokke te speel.”

Snyman vertel in dieselfde asem dit was ’n hengse teleurstelling om vanweë ’n skedelfraktuur nie in die Curriebeker-eindstryd te kon speel nie.

Die Bulle het sy fisieke teenwoordigheid en vermoëns in die lynstane gemis teen die Cheetahs.

Nee, dit is fine. Hy was ’n legende in ons rugby en dit is ’n groot kompliment.
RG Snyman

“Dit was ’n groot slag en ek het gesukkel om dit te aanvaar. Ek het so uitgesien om in ’n eindstryd te speel, maar jy moet aanvaar dit gebeur in rugby.”

En wat maak hy van die Matfield-vergelykings wat getref word?

“Nee, dit is fine. Hy was ’n legende in ons rugby en dit is ’n groot kompliment.

“Dit pla my nie nie eintlik veel nie. Ek en Jason sal graag die tradisie van Victor en Bakkies wil hervat, maar ons wil ons eie stempel afdruk.”

Snyman sê hy verwag dit sal volgende jaar aansienlik moeiliker wees.

“Hoewel jy onervare is, is jy ’n onbekende faktor en dit tel in ’n ou se guns. Ek glo dit is hoe jy gaan aanpas wat jou ’n beter speler sal maak.”

Die Bok-slot Lood de Jager, hier in aksie teen Wallis, sal ook volgende jaar vir die Bulle beskikbaar wees. Foto: Getty Images

Snyman-hulle sal in 2017 met die Bok Lood de Jager wedywer om ’n plek in die span.

“Ek het Lood nou vir die eerste keer by die Bokke ontmoet. Ek dink hy gaan goed inskakel by die Bulle.”

Snyman skerts hy het Lood ingelig hy gaan nie sommer sy gewig kom rondgooi by Loftus nie.

“Ek dink dit gaan vir my en Jason van groot waarde wees om saam met ’n speler soos Lood te speel. Hy is beslis nie ’n bedreiging vir ons nie.”

Meer oor:  Victor Matfield  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.