Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rhule verlaat Kaap ná minder as ’n jaar

Grenoble se Kaapse inkopietog eindig nie by JC Janse van Rensburg nie.

Raymond Rhule

Dié Franse klubspan wil sy beursie nou ook wyd oopmaak om die Springbok-vleuel Raymond Rhule later op dieselfde vlug as Janse van Rensburg na Grenoble te kry.

Die 25-jarige Rhule woon nog nie eens ’n jaar in die Kaap nie. Hy is eers einde verlede jaar saam met Sergeal Petersen van die Cheetahs af na sy rugbytuiste in Nuweland.

’n Skuif na Grenoble sal eers moontlik wees as Rhule die nodige vrystelling van die Westelike Provinsie kry om vroeër van sy kontrak ná vanjaar se Superreeks vrygestel te word.

Rhule is nie deel van die Springbokke se planne vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan nie. Dít sal ’n groot invloed op sy skuif na Grenoble hê.

Hy het sy plek in die SpringBok-span ná verlede jaar se rampspoedige Rugbykampioenskap-toets teen die All Blacks in Albany verloor.

Rapport se inligting is dat Grenoble se onderhandelinge met Rhule en die Stormers net so suksesvol soos dié van Janse van Rensburg sal eindig.

Die WP het reeds die week bevestig Janse van Rensburg gaan hom ná die Superreeks by Grenoble aansluit. Dit sal Janse van Rensburg se tweede draai in Frankryk wees nadat hy
Bay­onne vroeër drie jaar lank verteenwoordig het voordat hy by die Stormers aangesluit het.

Grenoble het ’n sterk Suid-Afrikaanse verbintenis.

Dewald Senekal, hul voorspelerafrigter, het destyds vir spanne soos die Cheetahs en die Leeus gespeel.

Rhule sal by Grenoble met Francois Uys, sy voormalige Cheetah-kaptein, herenig word. Uys is verlede jaar soontoe. Sy teenwoordigheid sal Rhule en Janse van Rensburg se aanpassing by hul nuwe klubspan vergemaklik.

Rhule se skuif sal ’n slag vir die Stormers wees nadat hy vinnig sy selfvertroue en voete in die Kaap gevind het.

Meer oor:  Grenoble  |  Jc Janse Van Rensburg  |  Raymond Rhule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.