Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rhule wil plek in Bok-span terugwen

Raymond Rhule sal weer veg vir sy plek in die Springbok-span en hy gaan hom nie laat onderkry deur een swak vertoning nie.

Raymond Rhule in aksie in ’n Rugbykampioenskap-wedstryd vroeër vanjaar in Port Elizabeth teen Argentinië. Foto: Gallo Images

So sê dié vleuel wat verlede maand ’n nagmerrie-wedstryd op die verdediging teen die All Blacks in Albany beleef het.

Ná dié rekord-slagting met 57-0 is Rhule uit die Bok-span vir die toets teen die Wallabies voor sy tuisskare in Bloemfontein gelaat.

Hy is deur Dillyn Leyds – eersdaags sy nuwe spanmaat by die Stormers – vervang, en moet nou van voor af weer ’n plek in die Bok-span oop speel.

Rhule erken dat hy foute in Albany – veral op die verdediging – begaan het. Hy sê egter dit maak nie noodwendig van hom ’n swak speler nie.

“Ek is op ’n punt in my loopbaan waar ek voel ek het nie erkenning van buite my binnekring nodig nie.

“Jy kry maar jou goeie en swak dae en dít was my swak dag, maar dit definieer my nie as speler nie. Ek het veels te hard gewerk aan my vaardighede en om te kom waar ek is dat dit alles in die wiele gery word as gevolg van een wedstryd.

“Dit was beslis nie ’n maklike pad sedertdien nie. Die ondersteuners kan dit baie moeilik vir jou maak, want baie van hulle gaan sit agteroor en wil net jou dag bederf. Dit is moeilik om nie daaraan te dink nie, maar jy as speler moet na die volgende hoofstuk probeer kyk,” sê Rhule.

Hy sê hy en die Bok-breier, Allister Coetzee, het oor sy vertoning in Albany gepraat en die lug is gesuiwer.

“Ek het met coach gepraat en hy het vir my gesê wat hy van my verwag. Hy het gesê hy sien my nie as ’n swakker speler nie en dat hy nie vertroue in my verloor het nie, maar dat daar ’n paar dinge is wat hy graag wil hê ek aandag aan moet skenk.

“Dit was dit, ’n kort gesprek, om die waarheid te sê, maar jy weet altyd waar jy met hom (Coetzee) staan.”

Rhule sê hy sal graag volgende maand saam met die Bokke wil gaan toer, maar sy insluiting in die toergroep is nie ’n gegewe nie.

“Ek het geleer uit my foute en as ek weer ’n kans kry, gaan ek nie sommer weer afstand van daardie trui doen nie,” sê Rhule.

Meer oor:  Bokke  |  Pro14  |  Raymond Rhule  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.