Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rhyno maak buiging vir Cheetahs

Twee weke nadat die veelsydige agterspeler Rhyno Smith hom by die Cheetahs aangesluit het, is hy in die beginspan ingesluit.

Rhyno Smith maak Saterdag sy Cheetah- én Pro14-buiging. Foto: Gallo Images

Dié leenspeler van die Haaie sal Saterdag sy Pro14-buiging in die Vrystaters se herontmoeting met die Cardiff Blues maak.

Die Cheetahs se rugbyspan sal met vyf veranderinge opdraf.

Smith, die terugkeer van die heelagter Malcolm Jaer en William Small-Smith se skuif van vleuel na senter is die veranderinge in die agterlyn.

Gerhard Olivier se terugkeer op flank het meegebring dat Niell Jordaan vir Steph Malan op agtsteman vervang.

Nog ’n speler wat sy Pro14-buiging kan maak, is die plaasvervangerflank, Sintu Manjezi, wat hom onlangs vanaf Griekwas by die Cheetahs aangesluit het.

Die plaasvervangerhaker, Reinach Venter, sal ook sy Pro14-buiging maak as hy speelkans kry. Jacques du Toit het las van ’n kniebesering.

Cheetahs: Malcolm Jaer, Rhyno Smith, Benhard Janse van Rensburg, William Small-Smith, Rabs Maxwane, Tian Schoeman, Shaun Venter (k), Niell Jordaan, Gerhard Olivier, Junior Pokomela, JP du Preez, Walt Steenkamp, Aranos Coetzee, Joseph Dweba en Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Reinach Venter, Charles Marais, Erich de Jager, Sinthu Manjezi, Abongile Nonkontwana, Tian Meyer, Louis Fouché en Nico Lee.

Meer oor:  Cardiff Blues  |  Pro14  |  Rhyno Smith  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.