Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rob opgewonde oor Curwin, seun in tandem
Curwin Bosch in aksie vir die Haaie. Foto: Gallo Images

Curwin Bosch kry Saterdag oplaas die geleentheid om te wys wat hy in sy voorkeurposisie van losskakel kan vermag.

Bosch sal vir die eerste keer vanjaar in die Haaie se nr.10-trui uitdraf wanneer die Durbaniete hul laaste Curriebeker-groepwedstryd speel, teen Griekwas in Kimberley.

Robert du Preez sr., die span se afrigter, het verras deur sy seun en voorkeur-losskakel, Robert du Preez jr., vir dié kragmeting na binnesenter te skuif.

Volgens Du Preez sr. was die plan altyd om vir Bosch in die nr.10-trui kans te gee.

“Ons wou vir Curwin ’n kans op 10 gee, hy is ons adjudant op losskakel. Dié wedstryd bied aan hom ’n goeie geleentheid om 80 minute lank losskakel te speel,” het Du Preez Donderdag in Durban gesê.

Ons wou vir Curwin ’n kans op 10 gee, hy is ons adjudant op losskakel. Dié wedstryd bied aan hom ’n goeie geleentheid om 80 minute lank losskakel te speel.
Robert du Preez

“Ons wil graag sien hoe Rob op binnesenter vaar. Hy het al daar gespeel en hy bring iets anders as Marius (Louw, die gereelde binnesenter). Dit is ’n kombinasie wat ek graag wil sien met Curwin, Robert en Jeremy (Ward, buitesenter). Ons weet wat ons in Marius het.”

Die opwindende Aphelele Fassi kry speelkans op heelagter in Bosch se plek, terwyl die Springbok-vleuel Sbu Nkosi in die nr.14-trui sal uitdraf.

Du Preez sr. het besluit om sy gereelde kaptein, die haker Chiliboy Ralepelle, ’n blaaskans te gun. Die skrumskakel, Louis Schreuder, sal die span in sy afwesigheid aanvoer.

Volgens Schreuder sal die kapteinskap nie veel aan sy spel verander nie.

“Al wat verander, is dat ek nou met die skeidsregter kan gesels sonder om gestraf te word,” skerts Schreuder.

Coenie Oosthuizen en Robert du Preez duik vir Danrich Visagie by ’n Haaie-oefening in Durban. Foto: Gallo Images
Jean-Luc du Preez vandeesweek by ’n Haaie-oefening in Durban. Foto: Gallo Images

Akker van der Merwe sak in Ralepelle se plek in die voorry, terwyl die Springbok-stut Coenie Oosthuizen soos verwag sy terugkeer tot die beginspan maak.

“Dit is belangrik dat ons die ouens wat op die plaasvervangersbank gesit het, soos Akker, ’n kans gee. Hy en Coenie is twee Springbokke wat op die bank gesit het,” sê Du Preez.

“Coenie is uitstaande by die oefeninge. Hy bring soveel energie na die oefeninge toe en dit is lekker om hom in die beginspan te hê.”

Nóg goeie nuus vir die Bokke, is dat die steelkantflank Jean-Luc du Preez sy terugkeer ná ’n besering van die plaasvervangersbank af kan maak.

“Jean-Luc het goed herstel, hy is so ietwat vroeër terug as wat ons verwag het. Hy sien ook uit om weer te speel.”

Die Haaie se span is:
Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Jeremy Ward, Robert du Preez, Lwazi Mvovo, Curwin Bosch, Louis Schreuder (k), Dan du Preez, Tyler Paul, Jacques Vermeulen, Hyron Andrews, Gideon Koegelenberg, Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe, Juan Schoeman. PLAASVERVANGERS: Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit, JJ van der Mescht, Jean-Luc du Preez, Grant Williams, Marius Louw, Kobus van Wyk.
 
Meer oor:  Curwin Bosch  |  Robert Du Preez  |  Durban  |  Kimberley  |  Haaie  |  Losskakel  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.