Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rob ‘sal sien’ of Bosch nr. 10-trui behou
Curwin Bosch het goed vertoon in die Haaie se nr. 10-trui teen die Waratahs. Foto: Getty Images

Robert du Preez sal maar sien of Curwin Bosch Robert du Preez jr., sy seun, uit die beginspan sal hou.

So het Du Preez, die Haaie se breier, Saterdag gesê ná sy span se sege met 23-15 oor die Waratahs in Sydney.

Bosch, wat vir die eerste keer speelkans in die nr. 10-trui gekry het sedert Du Preez jr. hom verlede jaar by die Haaie aangesluit het, het ’n goeie vertoning gelewer.

“Curwin het baie goed gespeel,” het Du Preez gesê.

“Gaan hy jou seun uit die span hou?” het ’n Aussie-joernalis prontuit gevra.

“Ons sal sien, ons vat dinge wedstryd vir wedstryd,” was Du Preez se antwoord.

Ons sal sien, ons vat dinge wedstryd vir wedstryd.
Robert du Preez

Bosch het sy agterlyn goed gevoed en die bal strykdeur op die voordeellyn ontvang. Hy het wel twee langafstand-strafdoele skeefgetrek. Die Haaie het nietemin genoeg gedoen om vir die eerste keer in nege wedstryde sedert 2000 in Sydney te wen.

Die Haaie se kanse is aangehelp deur die rooi kaart wat die Waratahs se slot Jed Holloway in die 45ste minuut gekry het nadat hy vir Thomas du Toit met die voorarm in die gesig geslaan het.

Du Toit is ook met ’n geel kaart afgestuur omdat hy Holloway sonder die bal aan sy trui teruggehou het.

Vyf minute later is die Aussies se flank Jack Dempsey ook vir tien minute afgestuur ná ’n gevaarlike duikslag op Sbu Nkosi.

Die Haaie het dus vyf minute met 15 spelers teen 13 gespeel nadat Du Toit se tyd in die koelkas in die 55ste minuut verstryk het.

Thomas du Toit

Du Preez sê die skeidsregter, Nic Berry, het die regte besluit geneem deur Holloway af te stuur. Hy glo ook die Haaie sou wen selfs al het die tuisspan vir die volle 80 minute 15 spelers op die veld gehad.

“Die voorspelers was uitstaande. Die Waratahs is ’n baie goeie, gevaarlike span, maar dit was ons oogmerk om hulle voorlangs te oorheers.

“Ons het ’n baie goeie week se voorbereiding gehad en die ouens wou sake baie graag regstel nadat ons twee wedstryde tuis verloor het.”

Die Haaie is ná dié sege boaan die Suid-Afrikaanse puntelys met 26 punte. Daar is egter geen daglig tussen die Suid-Afrikaanse spanne nie – die Leeus, wat laaste in die SA konferensie is, het 22 punte.

“Al die spanne is baie naby mekaar op die puntelys, so dit is baie goed vir ons om ons eerste wedstryd op toer te wen,” sê Du Preez.

Die Haaie speel volgende naweek teen die Crusaders, waarna die Chiefs op hulle wag.

 Puntemakers:

Haaie: 23 (10): Drieë: Dan du Preez, André Esterhuizen. Doelskoppe: Curwin Bosch (2). Strafdoele: Bosch (3).

Waratahs 15 (10): Drieë: Jake Gordon, Bernard Foley. Doelskop: Foley. Strafdoel: Foley.

Meer oor:  Robert Du Preez  |  Curwin Bosch  |  Durban  |  Haaie  |  Superrugby  |  Afrigter  |  Losskakel  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.