Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Robert kan vir ‘ander’ Haaie speel

Die Engelse klubspan Sale Sharks kan met ’n korttermynkontrak met Robert du Preez jr. gou ’n Suid-Afrikaanse ruggraat op agt, nege, tien en twaalf hê.

Robert du Preez tydens die Haaie se halfeindstryd teen die Goue Leeus. Foto: Gallo Images

As Steve Diamond sy sin kry, sal die 25-jarige Du Preez hom eerder vroeër as later ná gister se Curriebeker-eindstryd in die Kaap tussen die Haaie en Westelike Provinsie vir drie maande by die Sale Sharks aansluit.

Dit was die einste Diamond wat Faf de Klerk en Rohan Janse van Rensburg vroeër by die Leeus gaan haal het. Twee SA losvoorspelers, Jono Ross en Josh Strauss, is ook daar.

Diamond se eerstekeuse-losskakel, AJ MacGinty, het ’n skouerbesering. Hy sal vir ongeveer 12 weke buite aksie wees. Die Sale Sharks sukkel tot dusver dié seisoen en is tweede laaste in die Premierliga.

  • Nog ’n Du Preez, die agtsteman Dan, is in die visier van ’n ander Engelse klubspan – Exeter Chiefs.

Dan, een van die ongelukkigstes wat nie die Bok-toergroep na Europa kon haal nie, kan soos Robert ’n korttermynkontrak sluit, wat beteken dat hy voor die Superreeks terugkeer.

Meer oor:  Sale Sharks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.