Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Robin Hood’ probeer tiener-sensasie werf

Die akteur Russell Crowe het sy gewig agter pogings ingegooi om die Australiese tiener-sensasie Joseph Suaalii by die South Sydney Rabbitohs, ’n rugbyligaklub Doer Onder, te hou.

Russell Crowe, bekend vir flieks soos “Robin Hood” en “Gladiator”, wil glo ook hê die tienerseun Joseph Suaalii moet aanhou rugbyliga speel. Foto: Getty Images

Crowe, bekend vir rolle in flieks soos Gladiator en Robin Hood, is die mede-eienaar van die Rabbitohs.

Volgens ’n berig in The Australian het hy Suaalii en ’n paar van die 16-jarige se familielede, asook van die Rabbitohs se bestuurslede in sy eie vliegtuig na sy landgoed in Nieu-Suid-Wallis geneem.

Die Rabbitohs het Suaalii in Februarie sover gekry om ’n voorlopige kontrak van drie jaar te onderteken en hoop dat die kontrak geldig sal word wanneer hy Saterdag 17 jaar oud word.

Rugby Australië probeer egter ook om Suaalii oor te haal om eerder vyftienmanrugby te begin speel.

Die Rabbitohs wou hulle nie oor Crowe se betrokkenheid uitlaat nie.

Die voorsitter, Nick Pappas, het egter gesê hulle is nie “skaam om te erken dat hulle begerig is” om die tiener vir rugbyliga te behou nie.

Australië se goue rugbyseun, Joseph Suaalii. Foto: Skermgreep

“Maar ons is ook daarvan bewus dat Joseph 16 is en dat die besluit ten volle by hom en sy familie berus,” het Pappas aan The Australian gesê.

“Ek weet daar mag ’n begeerte by hom wees om volgende jaar op die Olimpiese Spele in Tokio vir Australië sewesrugby te speel. Wat Joseph en sy familie ook al besluit, ons sal dit respekteer.”

Die bohaai oor Suaalii het verlede week die hoogte ingeskiet toe berig is dat Rugby Australië hom vir A$3 miljoen gekontrakteer het.

Rugby Australië, wat hom weens die Covid-19-pandemie in ’n finansiële krisis bevind, het dié bewerings as onwaar afgemaak.

Crowe het al voorheen ’n invloedryke rol gespeel om spelers vir die Rabbitohs te werf.

Terwyl hy in 2010 aan Robin Hood in Engeland gewerk het, het hy met Sam Burgess vergader.

Burgess was in daardie stadium ook deur Manly geoormerk, maar Crowe het hom oortuig dat sy heil by die Rabbitohs lê. – Reuters

Meer oor:  Rugby Australië  |  Rugbyliga  |  Russell Crowe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.