Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Roekelose’ Waratahs-haker lank geskors
Tolu Latu se gebrek aan dissipline kan teen hom tel wanneer die Wallabies se Wêreldbeker-groep later vanjaar gekies word.Foto: Getty Images

Die Waratahs-haker Tolu Latu is vir ses Superrugby-wedstryde geskors nadat ’n Sanzaar-tugkomitee hom skuldig bevind het aan roekelose spel.

Latu het die afgelope naweek, in die Waratahs se naelskraapse sege oor die Sunwolves in Tokio, op gevaarlike wyse by ’n losskrum ingedons. Die Sunwolves-voorspeler Ed Quirk het as gevolg daarvan sy knieligamente beseer, wat hom vir tot agt weke op die krukkelys sal hou.

Die skeidsregter het nie die voorval tydens die wedstryd raakgesien nie, maar die uitwysbeampte was agterna van mening dat Latu se oortreding ’n rooi kaart werd was.

Luidens ’n Sanzaar-verklaring word Latu se oortreding in ’n ernstige lig beskou, omdat die slagoffer (Quirk) in ’n weerlose posisie was.

’n Oortreding soos Lotu s’n sou gewoonlik tot ’n skorsing van tien weke lei, maar sy berou en die feit dat sy laaste dissiplinêre oortreding drie jaar terug was, het as versagting in sy straf gedien, sê die verklaring.

Tolu Latu (heel regs) kry die trekpas in die Bledisloebeker-toets teen die All Blacks in Yokohama verlede jaar.Foto: Getty Images

Hoewel Latu se vorige Superrugby-oortreding drie jaar terug was, is sy geel kaart in verlede jaar se Bledisloebeker-toets teen die All Blacks nog vars in die geheue.

Latu is in Yokohama van die veld gestuur nadat hy die All Black-haker Codie Taylor in die gesig gestamp het. Daardie oortreding het grootliks tot die Wallabies se ondergang gelei.

Dissiplinêre oortredings soos dié en sy onvermoë om sy slotte gereeld in die lynstane te vind, kan dié 26-jarige haker dalk nog sy plek in Australië se Wêreldbeker-groep kos.

Latu mag eers weer op 27 April, wanneer die Haaie Sydney besoek, vir die Waratahs speel. – Reuters

Meer oor:  Australie  |  Waratahs  |  Rugby  |  Haker  |  Geskors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.