Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rooi Drake het te min vuur, sê Gregan

Selfs al pronk Wallis nou bo-aan Wêreldrugby se ranglys, is die voormalige Wallaby-kaptein George Gregan nie daarvan oortuig dat die Rooi Drake oor die nodige grofgeskut beskik om vanjaar se Wêreldbeker-toernooi te wen nie.

George Gregan is nie daarvan oortuig dat die wêreld se huidige nr. 1-span, Wallis, die gunsteling is om die Wêreldbeker in Japan te wen nie. Foto: Getty Images

Gregan (46) meen wel dat Europa se spanne groot vordering gemaak het sedert nie een van hulle in 2015 die halfeindronde kon haal nie. Hy meen selfs dat vanjaar se toernooi in Japan vir die eerste keer sedert 2003 ’n wenner uit die Noordelike Halfrond kan oplewer.

Die span wat egter sy oog tref, is Engeland, wat hy glo onder Eddie Jones se afrigting ’n sterk aanspraakmaker gaan wees. Wallis het vir Gregan beïndruk, maar hy twyfel of die wêreld se nr. 1-span sterk genoeg op die aanval gaan wees.

“Wallis is baie goed geolie, maar ek twyfel of hul speelstyl hulle in staat gaan stel om baie punte op te stapel. Die toestande in Japan gaan bevorderlik wees vir spel met die bal in die hand,” sê Gregan luidens ’n berig op stuff.co.nz.

Australië en Wallis meet op 29 September in ’n groepwedstryd in Tokio kragte.

Gregan meen ook Ierland is “sterk”, maar die oorgrote meerderheid van sy komplimente is aan Engeland uitgedeel. Hy meen die Rose het goed gevaar op die aanval in verlede jaar se reeks van drie wedstryde teen die Springbokke in Suid-Afrika.

“Engeland het die vermoë om baie punte aan te teken en kan goed verdedig. Eddie sal verseker dat die span goed georganiseerd is en sy beste rugby in die pylvak van die toernooi speel,” sê Gregan.

Wat die Wallabies gewys het, is dat hulle op enige gegewe dag met die beste span ter wêreld kan afreken.

Hy meen huidige spelpeil kan nie as ’n rigtingwyser gebruik word nie, want spanne is op verskillende plekke in hul voorbereiding.

Gregan, wat Australië in vier WB-toernooie verteenwoordig het, meen die Wallabies gaan ook – ongeag hul gebrek aan bestendigheid – onder die aanspraakmakers tel. Hulle het die All Blacks gemaklik in Perth verslaan, maar is ’n week later in Auckland deur die Kiwi’s verneder.

“In die Rugbykampioenskap kan jy dalk een week nie goed speel nie, maar dan kan jy in die volgende wedstryd weer jou stempel afdruk. As jy egter van die kwarteindronde af in die WB-toernooi kleitrap, is dit neusie verby,” sê Gregan.

“Wat die Wallabies gewys het, is dat hulle op enige gegewe dag met die beste span ter wêreld kan afreken. Hulle het die All Blacks daardie aand heeltemal uitoorlê.”

Meer oor:  Toetsrugby  |  Rooi Drake  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.